Mnr. Paul van der Walt, president van TLU SA, het gesê hulle is heftig gekant teen die verlenging van grondeise. Sy organisasie dring daarop aan dat die spertyd die einde van vanjaar moet bly.
Ook Agri-SA is ontevrede met die proses wat nog 'n verdere vyf jaar gaan sloer en onsekerheid in die mark vir landbougrond gaan verhoog.
Die eerste spertyd vir restitusie-eise was einde 2005. Dit is uitgestel tot einde vanjaar.
Nou gaan dit vir 'n verdere vyf jaar uitgestel moet word.
