Zim-samesprekings gaan voort

Die Zimbabwe-samesprekingsw wat gemik is op 'n onderhandelde skikking tussen die partye, het gister weer begin.

 
President Thabo Mbeki het dit egter nie bygewoon nie. Sy woordvoerder, Mukoni Ratshitanga, het gesê Mbeki woon slegs die geleentheid by wanneer dit nodig raak.

Volgens hom is 'n fasiliteringspan beskikbaar om toesig oor die onderhandelinge te hou.

Die samesprekinge is op 28 Julie verdaag, maar die MDC-leier Tsvangirai het gesê dat geen sperdatum gestel is nie.

Mbeki is onder druk om 'n deurbraak in die Zim-onderhandelinge te behaal voor 'n SAOG-spitsberaad met staatshoofde. Die spitsberaad begin op 16 Augustus.

купить тамбов подъемники ножничныеФільчаков Олександр Васильович