Keulen op gereedheidsgrondslag geplaas
‘n Lelike straatnaam?
Verlede maand is Alexander Solsjenitsin begrawe en reeds het president Dmitri Medwedef besluit om hom te vereer vir sy buitengewone bydrae deur 'n straat in Moskou na hom te vernoem.

Dooiepunt in Noord-Koreaanse kernsamesprekinge
Noord-Korea beplan om hul Yongbyonkernreaktor weer in werking te stel om 'n dooiepunt in internasionale kernontwapeningsamesprekinge op te los, volgens Hyon Hak-Bong van die ministerie van Buitelandse Aangeleenthede van dié land.

Mosambiekse polisie van menseregteskendings aangekla
'n Menseregtegroep in Mosambiek, die Mozambique Human Rights League, het die Mosambiekse polisie daarvan beskuldig dat hulle verdagtes doodmaak in plaas daarvan om hulle te arresteer.

Lees verder: Mosambiekse polisie van menseregteskendings aangekla
Twee messteekgevalle by skole in een dag
Op een dag is twee gevalle waar leerders met messe gesteek is, aangemeld. 'n Vyftienjarige seun, Eddie Bosman, is by 'n skool in Humansdorp in die oggend toegetakel deur 'n 'n ouer seun van sewentien.

Geen snelle einde aan gevegte in Nigeriese oliedelta
Daar heers steeds swaar gevegte in Nigerië se Nigerdelta tussen lede van sogenaamde militante groepe en die regeringsmagte. Die land se nuut aangestelde militêre leiers poog om militante leiers te vang of dood te maak ten einde beheer oor die streek se oliebronne te verkry.

Lees verder: Geen snelle einde aan gevegte in Nigeriese oliedelta
Is SA banke nog veilig?
Die Amerikaanse kredietkrisis het reeds $900 miljard se bystand van die Amerikaanse regering geëis. In rand is dit gelykstaande aan R7,2 triljoen rand; dis nou 72 gevolg deur elf nulle.

Berlyn woedend na uitbetaling aan bankrot Lehman
Berlyn is glo woedend nadat berigte die rondte begin doen het dat Duitsland se Federale regeringsbank, KfW, 420 miljoen dollar aan Lehman Brothers oorhandig het net ure voordat die beleggingsbank gevou het en het 'n ondersoek na die beweringe gelas.

Lees verder: Berlyn woedend na uitbetaling aan bankrot Lehman
Mboweni ignoreer “rassiste” by Reserwebank se AV
Die houding van die aandeelhouers van die Reserwe Bank by die 88ste algemene jaarvergadering was rassisties sê Tito Mboweni. Mboweni het aan Mario Pretorius gesê dat hy nie sal toelaat dat Pretorius met hom praat soos wat wittes in die verlede met swartes gepraat het nie.
Die houding van die aandeelhouers van die Reserwe Bank by die 88ste algemene jaarvergadering was rassisties sê Tito Mboweni. Mboweni het aan Mario Pretorius gesê dat hy nie sal toelaat dat Pretorius met hom praat soos wat wittes in die verlede met swartes gepraat het nie.Lees verder: Mboweni ignoreer “rassiste” by Reserwebank se AV