Hy het aan die media gesê werk om die reaktors aan te skakel het reeds begin. Hyon Hak-Bong is tans in Panmunjom, 'n dorpie waar samesprekinge tussen die noorde en suide gaan begin om energiehulp te bespreek.
Noord-Korea het verlede maand gesê dat hulle aanlegte waar plutonium geproduseer word nie gaan toemaak indien Washington hulle nie van die Amerikaanse terreurswartlys verwyder nie.
Noord-Koreaanse vennote het bevestig dat die toerusting weer teruggeskuif is na die Yongbyonkernreaktor se gronde. Hyon Hak-Bong wou nie 'n vaste datum aan die aanskakeling gee nie.
Suid-Korea, die VSA, Japan, China en Rusland het belowe om een miljoen ton ru-olie of gelyke energiehulp aan Noord-Korea te gee in ruil vir die opskorting van die werking van die kernreaktor. Noord-Korea het in Junie 'n lys van hulle kernbedrywighede en aanlegte aan die VSA oorhandig sodat hulle van die terreurswartlys afgehaal kan word.
Die VSA dring daarop aan dat die proses geverifieer moet word, maar Noord-Korea sê die voorstelle is onaanvaarbaar omdat dit lyk na die vooroorlogse bedywighede van die VSA in Irak. Hyon het gesê dat die VSA die verskoning van sogenaamde wapens van massavernietiging in Irak gebruik het om die land te plunder.
Die Internationale Instituut vir Strategiese Studies in Londen sê dat Noord-Korea hulle kernprogram binne 'n jaar weer op dreef kan hê. Diplomatieke pogings om beide Iran en Noord-Korea se kernuitbreiding in te kort het tans 'n dooiepunt bereik.
