Mosambiekse polisie van menseregteskendings aangekla

'n Menseregtegroep in Mosambiek, die Mozambique Human Rights League, het die Mosambiekse polisie daarvan beskuldig dat hulle verdagtes doodmaak in plaas daarvan om hulle te arresteer.

Die groep het getuienis van byna 20 sulke moorde tussen November 2007 en Augustus 2008 versamel volgens Custodio Duma, 'n regskenner vir die MHRL. Hy het aan Associated Press gesê dat die verslag grootliks deur die familielede van slagoffers se getuienis saamgestel is.

Die regering wou nie dadelik kommentaar lewer op die aantygings nie. Pedro Cossa, regeringswoordvoerder, sê hulle het nog geen verslag van die MHRL ontvang nie. Hierdie jaar is vyf polisielede skuldig bevind aan die moord op twee verdagtes wat in 2007 plaasgevind het.

Die dood van die twee in Maputo het gekom ná 'n skietery tussen die polisie en 'n bende. Duma sê die polisie verkies om die bendelede te agtervolg en dood te skiet eerder as om hulle voor die gereg te bring. Hy sê die polisie mag dit nie doen nie en dit verteenwoordig 'n miskenning van die regte van misdadigers.

Duma sê sy groep sal 'n verslag aan die prokureur-generaal oorhandig wat kan lei tot stappe teen die polisie.

сайт детских товаровлобановский александр досье

Maak 'n opvolg-bydrae