Bosman is in die bakleiery drie keer in die maag gesteek en sy long is geperforeer. Hy is tans in 'n kritieke toestand in die Livingstone Hospitaal. Dit is die derde soortgelyke insident by die skool hierdie jaar.
In Gauteng is 'n leerder gister by Vlakfontein High School in Mamelodi-wes ook gesteek. Seuns het tydens pouse baklei toe die kind gesteek is. Die sestienjarige is na 'n hospitaal geneem vir sy beserings en die polisie het 'n sewentienjarige gearresteer. Die skool wou nie kommentaar lewer nie en het aan joernaliste gesê dat hulle die saak moet "uitlos".
