Seun van sewe verkrag in Oos-Kaap

‘n 7-jarige seun is verkrag deur ‘n man van Joubertina, het die Oos-Kaapse polisie Sondag gesê.

“Die seun en drie van sy maats was by die verdagte se huis in Ravinia waar hulle flieks gekyk het,” het superintendent Priscilla Naidu gesê.

Teen 3 uur die middag het die seun se vriende uit die huis uitgegaan om te gaan druiwe pluk en die 7-jarige alleen gelaat by die eienaar van die huis.

“Hy het die deur gesluit en die kind gedreig en na bewering die seun verkrag,” het Naidu gesê.

Die man het die seun se mond toegehou sodat hy nie kon skreeu nie en het net gestop toe daar ‘n klop aan die deur was.

Naidu het gesê die kind is na die provinsiale hospitaal op Uitenhage geneem.

Die man in nog nie gearresteer nie, maar die polisie het hom reeds geïdentifiseer.

тамбов оборудованиепрокурор Фильчаков

Kragprojek geloods in KZN

Minerale en energie minister Buyelwa Sonjica het ‘n multimiljoenrand elektrifiseringsprojek geloods by Kwanzimakwe aan die KwaZulu-Natalse suidkus, het die SAUK Sondag berig.

Die elektrifiseringsprojek sal meer as ‘n 1000 huishoudings in die area tot voordeel strek, het Sonjica gesê.

Die projek het gekom na die gemeenskap gekla het dat die regering hulle ignoreer het, het die SAUK gesê.

Gemeenskapslede het gekla dat hulle vir ‘n lang tyd in die donker gelaat is. Hulle het ook kommer oor watervoorsiening in die gebieg geopper, het die berig gelui.

Die loodsing van die projek is bygewoon deur minister van sosiale ontwikkeling Zola Skweyiya, KwaZulu-Natal se LUR vir ekonomiese ontwikkeling en finansies Zweli Mkhize en LUR vir gesondheid Peggy Nkonyeni.

как самому сделать скважину на участкеОлександр Васильович Фільчаков

Minister se vrou in dwelmskandaal

Die minister van intelligensie, Siyabonga Cwele, het die hantering van beskuldigings van dwelmsmokkelary teen sy vrou Sheryl ‘n “prioriteit” gemaak, het ‘n woordvoerder Sondag gesê.

“Hy het basies gesê dat hy dit hanteer as prioriteit omdat dit ‘n impak het op sy werk,” het woordvoerder Lorna Daniels gesê.

Sy het geweier om te sê presies hoe die kontroversie die minister se werk sal affekteer.

“Julle kan jul eie gevolgtrekkings maak op daardie een,” het Daniels gesê.

Sy het gereageer op die Sunday Times se voorbladberig oor Sheryl Cwele se verbintenis met ‘n Suid-Afrikaanse vrou wat gearresteer is in Brasilië vir dwelmsmokkelary.

Tessa Beetge is by die Sao Paolo-lughawe gearresteer met ‘n 9kg blok kokaïne met ‘n geskatte straatwaarde van R3 miljoen.

Terwyl haar familie beweer dat Cwele aan haar ‘n oorsese werk aangebied het, hou Cwele vol dat ‘n vriend van Beetge die reis gereël het en dat sy gevra is om die SMS’e op te maak sodat Beetge vir haar familie kan lieg oor die reëlings.

In die Sunday Times het Cwele gesê “Ek is onskuldig…Ek wens dat ek haar nooit gehelp het nie, maar ek het haar vertrou en was jammer vir haar.”

Die Sunday Times het SMS’e en e-posse gepubliseer wat Cwele na Beetge gestuur het terwyl sy in Peru en Brasilië was.

In die artikel het Cwele ontken dat sy selfs geweet het dat Beetge in daardie lande was.

Polisiewoordvoerder Sally de Beer het aan die Sunday Times gesê dat die polisie bewus was van die aanhouding van Beetge, maar as gevolg van beleid oor die ondersoek wat aangaan, was sy nie in staat om enige besonderhede te gee op die stadium nie.

free money for slotsОлександр Васильович Фільчаков

ANK se kantoor op Vryheid beroof

Die ANK se streekskantoor in Vryheid, KwaZulu-Natal, is Saterdagnag beroof van drie rekenaars en deurmekaargekrap in wat die party dink meer as kriminele aktiwiteit was, het ‘n partywoordvoerder Sondag gesê.

Buiten die diefstal is deure en vensters gebreek en die fotostaatmasjien en meubels ook beskadig, het provinsiale sekretaris Senzo Mchunu gesê.

“Ons glo dat wie ook al die rekenaars gesteel het gesoek het na belangrike en sensitiewe inligting oor verkiesingstrategie en taktiek, veral met die ANK wat die beste strategie het in die opkomende verkiesing, omdat die kantoor deurmekaargekrap is,” het die verklaring gelui.

Hy het die “blatante sabotasie” veroordeel en die polisie aangemoedig om agter die kern van die saak te kom.

ступенек лестницыпрокурор харьковской области

Zim kry nuwe koerant

Zimbabwe gaan ‘n nuwe onafhanklike dagblad kry, 5 jaar nadat die laaste dagblad gevou het, het ondersteuners van die projek Donderdag gesê, en die hoop uitgespreek vir ‘n verligting op die mediabeperkings.

Trevor Ncube, uitgewer van die privaat weeklikse koerante, die Zimbabwe Indpendent, The Standard en Suid-Afrika se Mail & Guardian het gesê het hy besluit op die projek na die koalisieregering van president Robert Mugabe en sy teenstaander van ouds Morgan Tsvangirai die lig gesien het.

“Hoewel daar probleme was aan die begin, glo ons dat die nuwe inklusiewe Zimbabwiese regering besef dit is belangrik om ‘n ekonomiese omgewing te skep wat plaaslike en internasionale beleggers aanmoedig,” het Ncune in ‘n verklaring gesê.

“News Day, ‘n onafhanklike en vars nuwe dagblad sal ‘n belangrike rol speel in di herbouing van ons nasie. Ons sal van die politieke ooreenkoms af werk om die nuwe stem van Zimbabwe te wees.”

Ncube het nie ‘n datum gegee waarop die koerant sal begin nie.

Hy het gesê die dagblad sal ‘n forum wees vir idees “wat ons nodig het om ‘n vars ekonomie te skep en om ‘n platform vir debat te skep, terwyl ons die sake aanspreek van ons gesondheidsorg, onderwys en maatskaplike stelsel.”

Die koerant sal elke dag uitgegee word behalwe Sondag, het Ncube gesê, en bygevoeg dat die Zimbabwe Independent en die Standard sal voortgaan om uitgegee te word op Vrydae en Sondae.

Zimbabwe se laaste onafhanklike daaglike koerant, die Daily News het in 2004 toegemaak na dit nie voldoen het aan streng mediawetgewing nie.

Mugabe se regering het ‘n mediawet afgekondig op die aand van die 2002 verkiesings wat bedoel was om buitelandse mediakorrespondente uit die land te sit en ten minste 4 onafhanklike koerante gesluit het wat baie krities was oor sy regering.

free onlineФильчаков прокурор харькова

Cronin takel Sasol en klerebedryf

ImageANK-LP Jeremy Cronin het die chemiese vervaardiger Sasol en plaaslike klerevervaardigers Donderdagaand voor stok gekry, en die eersgenoemde beskuldig dat hy die Suid-Afrikaanse ekonomie benadeel en die laasgenoemde dat hulle lieg.

Tydens ‘n debat in Kaapstad russen 6 politieke partye oor die voortslepende globale ekonomiese insinking, het hy dié twee en die plaaslike mynsektor uitgesonder..

“Ons moet baie strenger raak met kompetisiebeleid, om ontslae te raak van die samewerking tussen die groot rolspelers in die privaatsektor – die mynhuise, die Sasols en so aan. Hulle maak ons ekonomie seer.”

“Sasol vra kleiner plastiekvervaardigers 40% meer as wat hulle vra in die buitelandse vir PVC, wat die basiese komponent is van plastiek. Ons moet werklik streng raak met hierdie karakters.”

Daar is ook ‘n behoefte om streng te raak met die klerebedryf, om die plaaslike tekstielvervaardigers te beskerm.

“Byvoorbeeld, daar is ‘n 60% verskil tussen wat Sjina sê hulle uitvoer na Suid-Afrika en wat ons rekords by die hawens en deur die doeane toon wat van Sjina af gekom het.”

“Dit beteken dat die groot klerehandelaars lieg oor wat hulle invoer en die bronne van die invoere. Dus moet ons heelwat strenger raak,” het hy gesê.

Die debat is gefasiliteer deur die Helen Suzman Stigting.

игры двчклобановский депутат

Sjina leen nog ?n miljard dollar aan Angola

ImageAngola het ’n lening van een miljard dollar gekry van Sjina om te spandeer op die ontwikkeling van hulle landbou, het die staatsmedia Donderdag gesê.

Die Suider-Afrikaanse land het reeds $5 miljard ontvang in lenings van Sjina om te betaal vir die opbou van die land na die oorlog, maar die Wêreldbank glo dat daar op tot $8 miljard is wat nog nie verklaar is nie.

Ghen Yuan, die hoofuitvoerendebeampte van die ontwikkelingsbank van Sjina, het die jongste finansiële ooreenkoms laat Donderdag aangekondig na ‘n vergadering met Angola se president Jose Eduarto Dos Santos  in Luanda, het die staatsnuusagentskap Angop berig.

“Ons is gereed om meer as ‘n miljard dollar in krediet toe te staan, maar ons dink die bedrag is te min en sal verhoog moet word om te voorsien in Angola se behoeftes in landbou en graanverbouing, en die verwerking van landbouprodukte,” het Chen gesê volgens Angop.

Die Sjinese Ontwikkelingsbank is een van die land se grootstes, en is een van drie beleidsleners wat Beijing se regeringsprogramme ondersteun.

Chen het bygevoeg dat hy volle vertroue het in die Angolese regering en dat daar baie goeie vooruitsigte is vir samewerking.

Handel tussen die twee lande het in 2008 25,3 miljard dollar beloop, en Angola is nou Sjina se grootste handelsvennoot in Afrika.

Angola, ‘n voormalige Portugese kolonie, was ‘n sleutelprodusent in die 1950’s en 60’s, maar miljoene boere het hulle plase verlaat gedurende die dekades van oorlog wat die grond vervuil gelaat het met landmyne.

Die regering, wat staatmaak op olie en diamante vir meer as 90% van sy inkomste, kry nou swaar in die midde van die globale afplatting en belegging in gebiede soos landbou sal hopelik die ekonomie diversifiseer.

медицинские справки москваалександр лобановский харьков

Zim-vlugtelinge draers van siektes

ImageHumanitêre organisasies wat Zimbabwiese vlugtelinge in Musina help, het gewaarsku dat die sluiting van die skougronde – ‘n groot oop veld naby die grens waar 3 000 tot 4 000 Zimbabwiërs toustaan vir asiel en snags skuiling soek – die verspreiding van cholera en ander siektes kan vererger.

Verlede week het die departement van binnelandse sake in Musina die vlugtelinge verwyder van die skougronde en beveel dat alle ondersteunende aktiwiteite gestaak word.

Humanitêre organisasies  sluit in MSF, die VN se hoëkommissaris vir vlugtelinge (UNHCR), Red die kinders, Musina se regsadvieskantoor en verskeie plaaslike kerke wat kos, skoon drinkwater, toegang tot gesondheidsorg en regsadvies aan Zimbabwiërs voorsien het.

Soos wat die gesondheidstelsel in Zimbabwe verder verswak, kom meer Zimbabwiërs na Suid-Afrika om mediese hulp te soek. Met hulle aankoms in Suid-Afrika gaan hulle na die vlugtelingontvangskantoor by die skougronde waar hulle vir asiel aansoek doen. Vanweë die lang toue, wag hulle dikwels vir weke en selfs maande om dokumente te kry. Met geen dokumente nie en nêrens om heen te gaan nie bly hulle op die oop velde by die skougronde.

справки купитьДанильченко Юрий Харьков

Zuma kos die belastingbetalers R1 miljoen per maand

BBP beskerming vir ANK-president Jacob Zuma kos die belastingbetalers byna R1 miljoen elke maand, volgens die DA.

Die R998 815 word uitgegee op statiese beskerming, nabye beskerming, oortyd, voertuie en telefoonkoste.

Die party beoog om Vrydag aan Mthethwa te skryf aangaande die situasie.

Die DA noem dit ‘n “buitengewone mors” van die belastingbetalers se geld, veral gesien in die lig dat die polisie so gereeld nie genoeg fondse het nie.

Volgens die Star van Vrydag, het Mthethwa in antwoord op ‘n ander brief gesê dat die regering R2,3 miljoen spandeer het aan regsfooie vir die geskorsde polisiehoof Jackie Selebi se korrupsiesaak.

красивые платья для новорожденных девочек купитьАлександр Фильчаков

Meer as 2500 polisiewapens verdwyn

Volgens die minister van veiligheid en sekuriteit Nathi Mthethwa het meer as 2 500 polisievuurwapens weggeraak tussen April verlede jaar en Februarie hierdie jaar, het die SAUK Vrydag berig.

In reaksie op ‘n vraag van die DA in die parlement Donderdag, het hy gesê sommige van die wapens is aangemeld of as verlore of as gesteel, terwyl ander nie geklassifiseer is nie.

Mthethwa het gesê die wapens sluit pistole, rewolwers, gewere en haelgewere in. Meer as 150 wapens is teen Februarie vanjaar teruggevind.

KwaZulu-Natal het die hoogste aantal gesteelde polisievuurwapens gehad. Meer as 90 is in die provinsie gesteel. Meer as 80 is gesteel uit polisiehoofkwartiere.

Tesame daarmee het meer as 100 afgetrede polisiebeamptes nog nie hulle dienswapens oor die laaste 3 jaar teruggegee nie.аппарат для мойкиданильченко юрій броніславович компромат