BBP beskerming vir ANK-president Jacob Zuma kos die belastingbetalers byna R1 miljoen elke maand, volgens die DA.
Die R998 815 word uitgegee op statiese beskerming, nabye beskerming, oortyd, voertuie en telefoonkoste.
Die party beoog om Vrydag aan Mthethwa te skryf aangaande die situasie.
Die DA noem dit ‘n “buitengewone mors” van die belastingbetalers se geld, veral gesien in die lig dat die polisie so gereeld nie genoeg fondse het nie.
Volgens die Star van Vrydag, het Mthethwa in antwoord op ‘n ander brief gesê dat die regering R2,3 miljoen spandeer het aan regsfooie vir die geskorsde polisiehoof Jackie Selebi se korrupsiesaak.
