ANK-LP Jeremy Cronin het die chemiese vervaardiger Sasol en plaaslike klerevervaardigers Donderdagaand voor stok gekry, en die eersgenoemde beskuldig dat hy die Suid-Afrikaanse ekonomie benadeel en die laasgenoemde dat hulle lieg.
Tydens ‘n debat in Kaapstad russen 6 politieke partye oor die voortslepende globale ekonomiese insinking, het hy dié twee en die plaaslike mynsektor uitgesonder..
“Ons moet baie strenger raak met kompetisiebeleid, om ontslae te raak van die samewerking tussen die groot rolspelers in die privaatsektor – die mynhuise, die Sasols en so aan. Hulle maak ons ekonomie seer.”
“Sasol vra kleiner plastiekvervaardigers 40% meer as wat hulle vra in die buitelandse vir PVC, wat die basiese komponent is van plastiek. Ons moet werklik streng raak met hierdie karakters.”
Daar is ook ‘n behoefte om streng te raak met die klerebedryf, om die plaaslike tekstielvervaardigers te beskerm.
“Byvoorbeeld, daar is ‘n 60% verskil tussen wat Sjina sê hulle uitvoer na Suid-Afrika en wat ons rekords by die hawens en deur die doeane toon wat van Sjina af gekom het.”
“Dit beteken dat die groot klerehandelaars lieg oor wat hulle invoer en die bronne van die invoere. Dus moet ons heelwat strenger raak,” het hy gesê.
Die debat is gefasiliteer deur die Helen Suzman Stigting.
