Seun van sewe verkrag in Oos-Kaap

‘n 7-jarige seun is verkrag deur ‘n man van Joubertina, het die Oos-Kaapse polisie Sondag gesê.

“Die seun en drie van sy maats was by die verdagte se huis in Ravinia waar hulle flieks gekyk het,” het superintendent Priscilla Naidu gesê.

Teen 3 uur die middag het die seun se vriende uit die huis uitgegaan om te gaan druiwe pluk en die 7-jarige alleen gelaat by die eienaar van die huis.

“Hy het die deur gesluit en die kind gedreig en na bewering die seun verkrag,” het Naidu gesê.

Die man het die seun se mond toegehou sodat hy nie kon skreeu nie en het net gestop toe daar ‘n klop aan die deur was.

Naidu het gesê die kind is na die provinsiale hospitaal op Uitenhage geneem.

Die man in nog nie gearresteer nie, maar die polisie het hom reeds geïdentifiseer.

тамбов оборудованиепрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae