“Der Spiegel is ‘n prominente en hooggeagte koerant, en die artikels wat dit gepubliseer het kan toeriste afskrik, beleggers bangmaak en Suid-Afrika se pogings om te wys dat hulle ‘n stabiele demokrasie is skaad,” het die opposisie party Sondag gesê.
Dit is in reaksie op ‘n artikel wat Februarie gepubliseer is getiteld “Die weermag staan by” en het die DA gesê, “dit skets ‘n beeld van ‘n land wat op die randjie van burgeroorlog staan.”
Die artikel begin deur die brande in die Wes-Kaap as kontras te stel met die voor-verkiesingspanning en eindig dramaties met verwysings na die weermag wat bystaan om in te tree in geval van geweld gedurende die verkiesing.
Die DA het gesê dat dit nie glo daarin om probleme van verkiesingsgeweld en intimidasie te minimaliseer nie, en dat dit ook die korrupsieklagte teen ANK president Jacob Zuma, wat genoem word in die artikel ernstig opneem.
“Maar enige iemand wat in Suid-Afrika woon sal weet dat die land nie op die randjie van burgeroorlog is nie, en dat die verkiesingsproses oor die algemeen glad was,” het die DA gesê.
“Maar Duitsers wat nie in Suid-Afrika was nie het geen konteks om die artikels in te plaas nie, en sal gelaat word met die indruk dat Suid-Afrika net nog ‘n land is wat op die punt is om te ontplof.”
“Suid-Afrika is ‘n manjifieke, wonderlike land met enorme potensiaal.”
“Die DA sal nie toelaat dat die potensiaal gekompromitteer word deur opportunistiese verslaggewing wat klaarblyklik daarop gemik is net om koerante te verkoop pleks daarvan om objektief verslag te gee nie.”
