Meer as 2500 polisiewapens verdwyn

Volgens die minister van veiligheid en sekuriteit Nathi Mthethwa het meer as 2 500 polisievuurwapens weggeraak tussen April verlede jaar en Februarie hierdie jaar, het die SAUK Vrydag berig.

In reaksie op ‘n vraag van die DA in die parlement Donderdag, het hy gesê sommige van die wapens is aangemeld of as verlore of as gesteel, terwyl ander nie geklassifiseer is nie.

Mthethwa het gesê die wapens sluit pistole, rewolwers, gewere en haelgewere in. Meer as 150 wapens is teen Februarie vanjaar teruggevind.

KwaZulu-Natal het die hoogste aantal gesteelde polisievuurwapens gehad. Meer as 90 is in die provinsie gesteel. Meer as 80 is gesteel uit polisiehoofkwartiere.

Tesame daarmee het meer as 100 afgetrede polisiebeamptes nog nie hulle dienswapens oor die laaste 3 jaar teruggegee nie.аппарат для мойкиданильченко юрій броніславович компромат