Kragprojek geloods in KZN

Minerale en energie minister Buyelwa Sonjica het ‘n multimiljoenrand elektrifiseringsprojek geloods by Kwanzimakwe aan die KwaZulu-Natalse suidkus, het die SAUK Sondag berig.

Die elektrifiseringsprojek sal meer as ‘n 1000 huishoudings in die area tot voordeel strek, het Sonjica gesê.

Die projek het gekom na die gemeenskap gekla het dat die regering hulle ignoreer het, het die SAUK gesê.

Gemeenskapslede het gekla dat hulle vir ‘n lang tyd in die donker gelaat is. Hulle het ook kommer oor watervoorsiening in die gebieg geopper, het die berig gelui.

Die loodsing van die projek is bygewoon deur minister van sosiale ontwikkeling Zola Skweyiya, KwaZulu-Natal se LUR vir ekonomiese ontwikkeling en finansies Zweli Mkhize en LUR vir gesondheid Peggy Nkonyeni.

как самому сделать скважину на участкеОлександр Васильович Фільчаков