Sweedse koerant beskuldig Israeli weermag van orgaandiefstal

Image

Terugbesorgde Palestyn

'n Groot Sweedse dagblad het hierdie week met 'n anti-Joodse voorbladberig opspraak gewek. Die linkse Aftonbladet beskuldig Israeli soldate daarvan dat hulle Palestyne ontvoer om hulle organe te steel.

Onder die opskrif "Hulle plunder die organe van ons seuns" haal die koerant jong Palestyne aan van die Wesoewer en Gaza wat beweer hulle word deur die Israeli weermag gevang, gedood en dat hulle liggame daarna aan hulle gesinne terugbesorg word met ontbrekende organe.

Die beweringe in die berig, wat hier in Sweeds te lese is, het 'n storm en beskuldigings van die ergste anti-Semitisme ontketen.

Donald Boström, die joernalis, haal gesinslede van Khaled van Nablus, Raed van Jenin asook die ooms van Magmoed en Nafes van Gaza aan wat almal beweer dat die seuns nie-vrywillige orgaanskenkers is. Hulle het glo net verdwyn en is eers 'n paar dae later in die nag terugbesorg, dood en nadoods ondersoek.

Boström verbind die orgaandiefstal met die misdaadsindikaat wat onlangs in die Amerikaanse deelstaat New Jersey oopgevlek is. 'n Paar rabbi's is vasgetrek en een van hulle, Levy Izhak Rosenbaum, is gevang nadat hy die verkoop van 'n menslike nier probeer onderhandel het.

Volgens die Sweedse dagblad het die orgaandiefstal in 1992 begin tydens die eerste Intifada. Die Israelse weermag het 'n klipgooier wat in die bene, maag en bors gewond was glo per militêre helikopter na 'n onbekende plek vervoer.

Die liggaaam van die man is vyf nagte later terugbesorg, in groen hospitaallakens toegedraai.

Terwyl die soldate besig was om sy graf te grawe, is die lyk se bors per abuis ontbloot en 'n lang sny vanaf sy abdomen tot sy ken het die spekulasie laat vlam vat dat iets nie pluis is nie.

Die liberale Sydsvenskan – 'n groot koerant in die suide van Swede – het hulle mededinger skerp gekritiseer in 'n opiniestuk getiteld "Antisemitbladet" ('n woordspeling op Aftonbladet).

Die ministerie van buitelandse sake het Dinsdag die berig afgekam en woordvoerder Yigal Palmor het die stuk beskryf as 'n "merk van skande" vir Swede se media.

Hy het die donker stuk as Middeleeus beskryf wat geen plek in 'n demokratiese land soos Swede het nie.

Israel het by monde van hulle ambassade in Stockholm 'n harde veroordeling gerig aan die Sweedse regering en die koerant self.

 

remezaФильчаков прокурор

DNS kan maklik vervals word

Wetenskaplikes in Israel het gewys dat dit moontlik is om DNS-getuienis te fabriseer en daardeur die geloofwaardigheid van wat beskou is as die goue maatstaf van bewys in strafsake, te knou.

Die wetenskaplikes het bloed- en speekselmonsters met DNS-inhoud van 'n ander persoon as die skenker vervaardig. Hulle het ook gewys dat hulle met toegang tot 'n DNS-databasis 'n monster kan vervaardig wat 'n spesifieke persoon se profiel pas, sonder dat hulle enige weefselmateriaal van dié betrokke persoon verkry het.

"Jy kan 'n misdaadtoneel skep," sê Dan Frumkin, hoofouteur van die studie wat in die joernaal Forensic Science International gepubliseer is. Die titel is Genetics. “Any biology undergraduate could perform this.”

Dr. Frumkin is 'n stigterslid van Nucleix, 'n maatskappy in Tel Aviv, wat 'n toets ontwikkel het om werklike DNS-monsters van vervalste monsters te onderskei. Hy hoop om dit aan forensiese laboratoria te bemark.

Nie net is dit moontlik om vals DNS-materiaal by 'n misdaadtoneel te plant nie, maar die skending van privaatheid raak ook toenemend makliker.

Van die tegnieke kan gebruik word om 'n bekende persoonlikheid se DNS van 'n gebruikte plastiekkoppie of sigaretstompie te oes en 'n speekselsmeer te vervaardig wat aan genetiese toetse onderwerp kan word. Voorgeslagte en die risiko van sekere siektes kan so bepaal word.

Bekendes sal aanstons die "genetiese paparazzi" begin vrees sê Gail H. Javitt van die Genetics and Public Policy Center by die Johns Hopkins University.

Tania Simoncelli, wetenskapraadgewer van die American Civil Liberties Union, sê die bevindinge is kommerwekkend. Dit is baie makliker om DNS by 'n misdaadtoneel te plant as vingerafdrukke, meen sy.

'n Standaardtegniek bekend as heelgenoomamplifikasie kan gebruik word om DNS-materiaal by bloed te voeg waarvan die witbloedselle, wat DNS bevat, verwyder is. Sodoende kan die oorsprong van die bloed verander word om 'n ander profiel te pas.

кофта обманка для мальчика купить для школыАлександр Фильчаков Васильевич

Australi? en China sluit grootste gastransaksie

Australië en China het hul grootste handelstransaksie tot nóg toe is Dinsdag gesluit toe die wêreld se grootste genoteerde oliemaatskappye, Exxon Mobil en PetroChina, oor ’n vloeibaregastransaksie van $41 miljard ooreengekom het.

“Dit is ’n stelling oor die aard van ons twee ekonomieë en die feit dat Australië belangrik is vir China, net soos China vir Australië belangrik is,” het Martin Ferguson, Australiese minister van hulpbronne, in Beijing gesê.

Die gastransaksie tussen Exxon en PetroChina kom net weke nadat Exxon ’n transaksie van A$10 miljard met Indië se Petronet oor die Gorgon-gasvelde gesluit het. Dit is Australië se eerste transaksie oor vloeibare natuurlike gas met Indië.

Die transaksies en die byna afgehandelde gepaardgaande regulatoriese aanvaarding daarvan deur die federale regering, beteken dat die Gorgonprojekvennote die reuseprojek van vloeibare natuurlike gas in die weste van Australië teen vroeg aanstaande maand kan goedkeur.

Die jongste Gorgongasverkope sal PetroChina se totale aankope van vloeibare natuurlike gas op altesame 3,25 miljoen ton per jaar vir 20 jaar te staan bring. China sal dus die projek se grootste gaskliënt wees.

Die feit dat PetroChina nie ’n minderheidsbelang in die projek het nie, ondanks die volumes wat hy koop, dui daarop dat die langtermynvraag na vloeibare natuurlike gas steeds sterk is ten spyte van die ekonomiese afswaai.

Met ’n lys van sowat ’n dosyn voorgestelde soortgelyke gasprojekte in die Asië-Stille Oseaan-streek, is kopers ook gretig om so vinnig moontlik voorrade vas te maak vir die projekte wat die waarskynlikste ontwikkel gaan word.

Die Gorgonprojek, waarin Chevron ’n 50%-belang het en deur hulle bestuur word, is in die weste van Australië en het ’n voorgestelde jaarlikse uitset van 15 miljoen ton.

Exxon en Royal Dutch Shell besit elk 25% van die projek.

Chevron en sy vennote sal na verwagting vroeg aanstaande maand finale beleggersgoedkeuring vir die uitgestelde Gorgonprojek gee.

Die totale verwagte koste van die projek is A$50 miljard, volgens Colin Barnett, premier van Wes-Australië.

promoter instagramФильчаков прокурор

Totsiens Jan, Luuk, Gijs en Daan!

Image

Inligting wat deur Nederland se werksversekeringsagentskap ingesamel is, dui daarop dat Nederlandse name in stedelike sentra soos Amsterdam, Rotterdam, Den Haag en Utrecht aan't verdwyn is.

In die hoofstad Den Haag is variasies van die Moslemnaam Mohammed in die eerste, tweede en vyfde plek vir die mees gewilde name vir seuns en het tradisionele Nederlandse name soos Jan, Luuk, Gijs en Daan vervang.

Op nasionale vlak is die naam Mohammed nou 16de op die gewildheidsleer van seunsname.

Die statistiek is deur die Nederlandse Elsevier-tydskrif bekend gemaak en kom van die Sociale Verzekeringsbank (SVB). Dit verskil van amptelike statistiek wat in die verlede die verskillende spelswyses van die Moslemnaam – Mohammed, Muhamed, of Muhammad – afsonderlik getel het.

Die Nederlandse regering het sodoende gesorg dat die naam van Islam se grondlegger nie op die lys van die top-20 gewilde name vir seuns in die Lae Lande verskyn nie om kontroversie te vermy.

Geert Wilders, leier van die PVV, het gevra dat 'n ondersoek gedoen word nadat die Daily Telegraph op 8 Augustus beweer het dat meer as 'n vyfde van die EU se bevolking teen 2050 Moslem gaan wees.

Die Nederlandse kabinet sal Vrydag 79 parlementêre vrae wat handel oor nie-Westerse immigrasie en die impak daarvan op die Nederlandse samelewing deur die PVV opgestel, beantwoord.

купить игрушку в украинеФільчаков Олександр Васильович

Swart media sukkel in die VSA

Hoofstroomediapublikasies sukkel in die huidige ekonomiese klimaat om advertensie-inkomste te trek, maar by swart tydskrifte in die VSA lyk die prentjie veral droewig.

Twee van die oudste swart publikasies 'Ebony' en 'Jet' smeek hulle intekenare deesdae om nie te kanselleer nie en die eienaar Johnson Publications moes intussen hulle historiese kantoorgebou in Chicago verpand.

Uitsaaiers vir 'n swart gehoor het om staatshulp gevra om te kan bly oorleef en in Massachusetts moes die swart koerant “The Bay State Banner” sluit totdat hulle oorbruggingskapitaal ontvang het van die stad Boston.

Die koerant het die grootste rasherrie van die jaar, die arrestasie van Harvard professor Henry Louis Gates Jr., in die proses misgeloop en baie lesers en dus advertensie-inkomste so ingeboet.

Die rede sê Kai Wright van die TheRoot.com, 'n werf wat op swart politiek en kultuur fokus en deur die “Washington Post.” geborg word, is dat adverteerders geskuif het na Latyns-Ameriaanse verbruikers.

Die jong swarte identifiseer ook nie meer met die ouer swart publikasies soos 'Ebony' en 'Jet' nie.

Christopher Smith, 'n professor in kommunikasie by die universiteit van Suid-Kalifornië sê swart klasseverskille asook generasieverskille veroorsaak dat swart publikasies ondergaan.

детская одежда для новорожденных мальчиковалександр лобановский харьков класс

Arabiere koop glo landbougrond in Israel

'n Israeli radiostasie het Saterdag berig dat groot stukke landbougrond in die noorde van Israel, in Galilea, deur Arabiere opgekoop word wat met geld uit die Golfstate ondersteun word.

Dosyne hektaar is reeds opgekoop en 'n plaaslike landbou-organisasie het Israelse amptenare glo tevergeefs gewaarsku oor die kopers.

Die radiostasie beweer landbouminister Shalom Simhon het gesê die grondtransaksies is nie sy besigheid nie aangesien dit "grond in privaatbesit behels".

Galilea en die Negevwoestyn in die die suide is nie so dig bevolk nie en daar is spesiaal 'n minister, Sylvan Shalom, aangewys om ontwikkeling daar te behartig.

Die grootste aantal Arabiere in Israel, 'n bevolking van ongeveer 1,4 miljoen mense, woon in Galilea.

Die Israelse parlement het op 3 Augustus 'n kontroversiële grondhervormingswet ingestem wat plaaslike amptenare in staat stel om openbare grond te privatiseer. Die Arabiese minderheid is ontevrede oor die nuwe wet.

Die wet, wat die ondersteuning van die konserwatiewe Benjamin Netanyahu geniet, sal pogings deur Palestyne om vergoeding van die Israelse owerhede te eis omdat hulle in 1948 met die totstandkoming van Israel uitgedryf is, tot niet maak.

Die nuwe wet stel plaaslike munisipale amptenare in staat om grond in stadsgebiede te verkoop en behou 'n verbod op die verkoop van grond aan nie-Jode of grond wat aan die Keren Kayemet LeIsrael Joodse agentskap behoort.

купить детский рюкзак для девочкилобановский александр биография

Britse minister verdedig terreur

David Miliband, Britse minister van buitelandse sake, het gesê apartheid is ’n voorbeeld van tye wanneer terreur wel geregverdig is. Hy het Vrydagaand op die BBC Radio 4-program Great Lives deelgeneem aan ’n bespreking oor die lewe van die ANC-aktivis, wyle Joe Slovo.

Slovo, Suid-Afrika se eerste minister van behuising, was ’n vriend van Miliband se Marxistiesgesinde vader Ralph.

Die Konserwatiewe Party en konserwatiewe media het met woede op sy uitlatings gereageer, omdat hulle meen sy woorde verleen steun aan die Taliban in Afganistan.’n Politieke ontleder in die Telegraph het Miliband se uitsprake ’n skande genoem.

"Die minister van buitelandse sake stuur ’n uiters gevaarlike, gemengde boodskap na Brittanje se vyande uit en gee hulle ’n yslike geleentheid vir propaganda," het die ontleder gesê.

Die dodetal onder Britse soldate in Afganistan die afgelope naweek tot 201 gestyg het.

Miliband is deur die aanbieder, Matthew Parris, gevra of terreur ooit geregverdig kan word. “Ja, daar is omstandighede wanneer dit geregverdig is, en ja, daar is omstandighede wanneer dit doeltreffend is,” het hy geantwoord.

“Op sy eie is terreur egter nie doeltreffend nie. Wat belangrik is vir my, is dat die Suid-Afrikaanse voorbeeld iets uitsonderlik bewys het: Dit het gelyk soos ’n regime wat vir ewig sou voortduur, en toe is dit weggeblaas. Dis moeilik om aan te voer dat ’n politieke stryd op sy eie dieselfde vrugte sou lewer.”

Miliband het Slovo beskryf as ’n held vir tienduisende Suid-Afrikaners. Slovo se dogter, Gillian, wat ook aan die bespreking deelgeneem het, het gesê die moderne gebruik van die woord “terroris” verskil van destyds.

“Die Arbeidersparty sou in daardie dae beslis nie die ANC beskryf het as terroriste nie – eerder guerrillastryders,” het sy gesê.

As haar pa ’n "terroris" is, het sy gesê, is die vorige Amerikaanse Bush-administrasie, wat “terreur vir politieke doeleindes gebruik het”, ook terroriste.

online casinotopcargo

Slimmer kinders maerder

Slimmer kinders is minder geneig om oorgewig te wees, sê 'n nuwe studie.

In die studie het navorsers in Spanje bevind dat voorskoolse kinders wat vet is na twee jaar van onderrig minder taal- en syfervaardig is, asook swakker vaar met probleemoplossing

Groeiende getuienis dui op 'n verband tussen oorgewig en swak denk- en kognitiewe vaardighede. Dit het Dr. Monica Guxens, by die Sentrum vir Navorsing in Omgewingsepidemiologie in Barcelona, genoop om die verhouding tussen gewig en kognitiewe funksie in jong seuns en dogters verder te ondersoek.

In hulle verslag wat in die American Journal of Epidemiology gepubliseer is, het hulle bevind dat kinders wat op 'n hoë kognitiewe vlak funksioneer op die uoderdom van 4, minder geneig is om oorgewig te wees op die ouderdom van 6.

Omdat gewig in dié ouderdomskategorie min varieer, kon die navorsers nie sê of beter denkvaardighede kinders teen vetsug op 'n meer gevorderde ouderdom beskerm nie.

Van die 400 kinders in die studie het 17 persent die risiko van vetsug getoon en 12 persent was oorgewig. Hulle het ook oor die algemeen swakker gevaar met denk- en taalvaardigheid, nadat faktore soos geslag, geboortegewig, dieet en familiegeskiedenis in oorweging geneem is.

necklace bridalФільчаков прокурор

Onwettige oorgaanoorplantings gedy in China

Chinese hospitale voer steeds onwettige orgaanoorplantings op buitelanders uit, en spoor plaaslike inwoners aan om as ‘orgaanagente’ op te tree, het die departement van gesondheid en plaaslike media Donderdag berig.

Daar is 164 instansies in China wat amptelik goedgekeur is om orgaanoorplantings te uit te voer, maar minstens 16 van hulle voldoen nie aan wetgewing nie.

Volgens die koerant, China Daily, is besonderhede oor presies hoe hierdie instansies die wet oortree nie beskikbaar nie, maar word daar beweer dat sommige hospitale steeds onwettige oorplantings uitvoer.

"Die hospitale kan hulle pasiënte se identiteite vervals om wetgewing vry te spring”, het ‘n chirurg by een van die hospitale gesê.

Volgens dié chirurg is orgaanoorplantings beskikbaar vir dié wat dit kan bekostig omdat inwoners bereid is om die ekstra koste aan te gaan om nie op lang waglyste geplaas te word nie.

China het in 2007 wetgewing wat ‘oorplantings-toerisme’ voorkom, bekragtig maar minstens drie hospitale is verlede jaar beboet ná hulle steeds onwettig organe aan buitelanders verkoop het.

Die departement van gesondheid ondersoek ook klagtes van 17 Japanse toeriste wat elkeen vanjaar sowat R695 500 op nier- en leweroorplantings spandeer het.

Sowat 2 miljoen mense in China benodig jaarliks organe, maar as gevolg van ‘n tekort aan skenkers word slegs 20 000 wettige oorplantings uitgevoer.

пескоструйный станокДанильченко Юрий прокурор

Franse swembad verbied ‘boerkini’

Image

‘n Boerkini

'n Franse openbare swembad in 'n voorstad van Parys, Emerainville, het 'n Moslemvrou in 'n "boerkini" verbied om daar te swem.

Franse wetmakers, 32 van hulle, is tans besig om te oorweeg of die boerka, die allesbedekkende kledingstuk wat deur Moslemvroue gedra word, verbied behoort te word of nie nadat president Nicolas Sarkozy vroeër gesê het dit is "nie welkom" in sekulêre Frankryk nie.

Amptenare van die Emerainvilleswembad sê hulle het die vrou in Julie toegelaat om te swem met haar "boerkini", 'n soort swempak met lang moue en bene en 'n kopmasker.

Toe sy egter in Augustus terugkeer, is sy aangesê om die swembad te verlaat aangesien haar kledingstuk nie "higiënies" is nie. Daniel Guillaume, swembadopsigter, sê die personeel het haar herinner dat "dit by alle (openbare) baddens verbode is om met klere te swem".

Die Franse dagblad, Le Parisien, sê die vrou net bekend as Carole, is 'n wit Franse bekeerling tot Islam en dat sy vasberade is om die beslissing in die howe te laat toets.

"Dit is doodeenvoudig segregasie," het sy aan die koerant gesê. Sy het haar "boerkini" tydens 'n onlangse vakansie in Doebaai aangekoop. "Ek het gedink ek kan swem geniet sonder om myself te ontbloot."

Plaaslike burgemeester Alain Kelyor sê dit het "niks met Islam te make nie," en dit is geen Moslemswempak nie want dit bestaan nie in die heilige Koran nie.

'n Kommunistiese parlementslid, Alain Gerin, het die swembadbestuur geloof vir hulle besluit en gesê die vrou se optrede is die bewys dat daar 'n politieke agenda agter die kledingstuk skuil.

продвижениетопкарго развод