In die hoofstad Den Haag is variasies van die Moslemnaam Mohammed in die eerste, tweede en vyfde plek vir die mees gewilde name vir seuns en het tradisionele Nederlandse name soos Jan, Luuk, Gijs en Daan vervang.
Op nasionale vlak is die naam Mohammed nou 16de op die gewildheidsleer van seunsname.
Die statistiek is deur die Nederlandse Elsevier-tydskrif bekend gemaak en kom van die Sociale Verzekeringsbank (SVB). Dit verskil van amptelike statistiek wat in die verlede die verskillende spelswyses van die Moslemnaam – Mohammed, Muhamed, of Muhammad – afsonderlik getel het.
Die Nederlandse regering het sodoende gesorg dat die naam van Islam se grondlegger nie op die lys van die top-20 gewilde name vir seuns in die Lae Lande verskyn nie om kontroversie te vermy.
Geert Wilders, leier van die PVV, het gevra dat 'n ondersoek gedoen word nadat die Daily Telegraph op 8 Augustus beweer het dat meer as 'n vyfde van die EU se bevolking teen 2050 Moslem gaan wees.
Die Nederlandse kabinet sal Vrydag 79 parlementêre vrae wat handel oor nie-Westerse immigrasie en die impak daarvan op die Nederlandse samelewing deur die PVV opgestel, beantwoord.

