Daar is 164 instansies in China wat amptelik goedgekeur is om orgaanoorplantings te uit te voer, maar minstens 16 van hulle voldoen nie aan wetgewing nie.
Volgens die koerant, China Daily, is besonderhede oor presies hoe hierdie instansies die wet oortree nie beskikbaar nie, maar word daar beweer dat sommige hospitale steeds onwettige oorplantings uitvoer.
"Die hospitale kan hulle pasiënte se identiteite vervals om wetgewing vry te spring”, het ‘n chirurg by een van die hospitale gesê.
Volgens dié chirurg is orgaanoorplantings beskikbaar vir dié wat dit kan bekostig omdat inwoners bereid is om die ekstra koste aan te gaan om nie op lang waglyste geplaas te word nie.
China het in 2007 wetgewing wat ‘oorplantings-toerisme’ voorkom, bekragtig maar minstens drie hospitale is verlede jaar beboet ná hulle steeds onwettig organe aan buitelanders verkoop het.
Die departement van gesondheid ondersoek ook klagtes van 17 Japanse toeriste wat elkeen vanjaar sowat R695 500 op nier- en leweroorplantings spandeer het.
Sowat 2 miljoen mense in China benodig jaarliks organe, maar as gevolg van ‘n tekort aan skenkers word slegs 20 000 wettige oorplantings uitgevoer.
