{jathumbnail off} Met hierdie prettige slaai is daar niks blou aan Maandag nie. Neem ‘n balletjie mozzarellakaas en sny in skywe en was ‘n vars tamatie en sny in ewe dik skywe vir elke tafelgenoot. Plaas die skywe opmekaar en wissel af met vars basiliekruidblaartjies. Bedrup met olyfolie en strooi ‘n bietjie growwe sout daaroor.
Koerant onthul rede vir sluiting van VSA-kantore
Die Sunday Tribune het onthul dat die sluiting van Amerikaanse regeringskantore in Suid-Afrika te wyte was aan dreigemente van ‘n groep Somaliese terroriste. Die VSA het selfoongesprekke afgeluister waarin gedetailleerde aanvalsplanne teen Amerikaanse belange bespreek is. Dit is nie duidelik of ‘n besoek van president Barack Obama vir die amptelike opening van die Wêreldbekersokkertoernooi ook
Lees verder: Koerant onthul rede vir sluiting van VSA-kantore
SA se tronke kan ‘ineenstort’
Oorbevolkte Suid-Afrikaanse tronke is by die punt dat die “hele infrastruktuur so oorlaai is dat dit inmekaar kan stort”. Die land se tronke is ontwerp om net 114 000 gevangenes te hou, maar moet tans 160 000 hou, met 500 000 mense wat boonop jaarliks deur die tronkstelsel beweeg. Elke gevangene kos die staat R72
Nog ‘n Suid-Afrikaner vra asiel
Nog ‘n wit Suid-Afrikaner sê haar lewe sal in gevaar wees danksy rassediskriminasie indien sy na Suid-Afrika teruggestuur word. Dianne Louise Jefferson (22), wat by Boston Scientific in Galway, waar sy woon, werksaam is, het in Dublin se hoërhof aansoek gedoen om in Ierland te mag bly. Regter Elizabeth Dunne het ‘n interimmaatreël waarvolgens Jefferson
Madagaskar wys nuwe premier aan
Madagaskar se regering het ‘n nuwe eerste minister ingehuldig en die feit dat die voormalige eerste minister geweier het om uit te tree, geïgnoreer. Lede van die oorgangsregering het laat Saterdag ontmoet om Eugene Mangalaza te bevestig. Hy is Dinsdag aangestel deur bemiddelaars wat op ‘n magsdelingsooreenkoms besluit het ná ‘n staatsgreep daar. Uitgaande eerste
Bank in Middelburg beroof
Rowers het by ‘n Absa-bank in Middelbrug ingebreek en met ‘n onbekende bedrag geld gevlug, het die polisie Sondag gesê. Volgens kaptein Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het die rowers Saterdag omstreeks middernag toegang tot die perseel verkry deur die agterste hekke. Hulle het glo die sekuriteitsdeure afgebreek en die bank ingegaan. Daar is by twee van
Hein Willemse se voorspraak vir kreolisering
Afrikaners word nou reeds vir ’n geruime tyd deur ’n klein groepie bruin woordvoerders aan ’n politiek van beskimping, swartsmeer en belediging onderwerp. Alhoewel hierdie groepie nie naastenby verteenwoordigend van bruin Afrikaanssprekendes is nie, gee hulle politiek van beskimping aanleiding tot diepe vorme van wantroue. Daarmee word Afrikaanssprekendes gekniehalter om rondom dwingend noodsaaklike kwessies –
Die politieke lesse van Paul Kruger
Toespraak gelewer by die Gautengse provinsiale vergadering van die VF+ op 10 Oktober 2009. Dit het nou al ‘n gemeenplaas geword om Kruger se spreuk, “Haal uit die verlede wat goed is en bou jou toekoms daarop”, aan te haal. Maar hierdie woorde is ook en veral van toepassing op Kruger se lewe en dade
SAPD gaan in paramilitêre mag getransformeer word
Die Suid-Afrikaanse metropolisie gaan saamsmelt met die SAPD om een “super polisiemag” te vorm, het ‘n polisiewoordvoerder Saterdag bekendgemaak. Die projek wat deur die adjunkminister van polisie, Fikile Mbalula, gedryf word, wil die SAPD in ‘n paramilitêre mag transformeer met militêre range en dissipline het woordvoerder Paena Galane aan Sapa gesê. “Ons het een enkele
Lees verder: SAPD gaan in paramilitêre mag getransformeer word
Los nou maar die geflikvlooi, minister
Tussen Julius Malema en ons nuwe minister van Landbou, Bosbou en Vissery, Tina Joemat-Pettersson, saai hulle verwarring onder die boere in die land. Elke week verander hulle hul sienswyse oor die toekoms van die handjievol boere wat nog ons landbou sektor aan die gang hou deur produktiewe boerderye te bedryf. Hulle praat met gesplete tonge
