SA se tronke kan ‘ineenstort’

Oorbevolkte Suid-Afrikaanse tronke is by die punt dat die “hele infrastruktuur so oorlaai is dat dit inmekaar kan stort”.

Die land se tronke is ontwerp om net 114 000 gevangenes te hou, maar moet tans 160 000 hou, met 500 000 mense wat boonop jaarliks deur die tronkstelsel beweeg.

Elke gevangene kos die staat R72 000 per jaar.

Dié feite het aan die lig gekom tydens ‘n bespreking van ‘n boek oor die toestand van menseregte in Suid-Afrikaanse tronke. Die boek getiteld Human Rights in African Prisons, is deur Jeremy Sarkin, rapporteur van die VN se werkgroep oor gedwonge of vrywillige verdwynings, saamgestel.

‘n Woordvoerder van die Geregtelike Inspektoraat vir Tronke sê die goeie nuus is dat Suid-Afrikaanse tronke nie die ergste in die wêreld is nie, alhoewel die situasie ernstig is.

Hy het gesê die rede vir die oorbevolking is omdat die strawwe wat deesdae uitgedeel word, langer is.

 

игри девочкамФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae