praag.co.za

Koerant onthul rede vir sluiting van VSA-kantore

Written by

in

Die Sunday Tribune het onthul dat die sluiting van Amerikaanse regeringskantore in Suid-Afrika te wyte was aan dreigemente van ‘n groep Somaliese terroriste.

Die VSA het selfoongesprekke afgeluister waarin gedetailleerde aanvalsplanne teen Amerikaanse belange bespreek is.

Dit is nie duidelik of ‘n besoek van president Barack Obama vir die amptelike opening van die Wêreldbekersokkertoernooi ook geteiken is nie.

Volgens twee bronne het intelligensiepersoneel ‘n oproep wat in Khayelitsha, Kaapstad, gemaak is na ‘n groep in Somalië onderskep. Die gesprek het die plan om Amerikaanse belange in Suid-Afrika op te blaas, bevestig.

‘n Bron het bekendgemaak dat Amerikaanse agente, NIA-personeel en SAPD-misdaadintelligensieoperateurs ‘n meeluisteroperasie van stapel gestuur het om kritieke inligting in te samel voordat die aanslag gefnuik is.

Woordvoerder vir die NIA, Lorna Daniels, het geweier om vrae te beantwoord oor die aangeleentheid en met regsstappe gedreig.

Die ambassades en konsulate is ‘n dag voor Erfenisdag gesluit. Nasionale polisiekommissasris Bheki Cele het daarna op TV aangekondig dat die land se intelligensiemense die situasie onder beheer het.

Dit het glo aanleiding gegee daartoe dat die die terreurgroep van die SIM-kaarte en telefone wat hulle gebruik het, ontslae geraak het.

 

турецкий хамамФильчаков прокурор харькова

Comments

Leave a Reply