Steve Hofmeyr voeg hom by oproep tot verset teen ‘Tshwane’

 Teken ons petisie teen die gebruik van die naam Tshwane ipv Pretoria!

Image

Steve Hofmeyr (links)

Die bekende Afrikaanse sanger, Steve Hofmeyr, het hom gister by die toenemende koor van verset teen die Pretoriase naamsverandering gevoeg. Volgens Hofmeyr behoort mense vir hulle "Tshwane"-borde bymekaar te maak.

 Hy vra die retoriese vraag op sy webjoernaal: "Ek het ‘n ander vraag: is dit steeds vandalisme as ons daardie tekens met mening vervang, wysig of afhaal INDIEN hulle in die eerste instansie onwettig is? Want ek dink ek gaan vir my ‘n paar bymekaar maak en ek spoor ander aan om dieselfde onding te doen aan hul kroeg se interior decorating. Ek oorweeg om ‘n kompetisie te loods vir die mooiste foto van jou Tshwane-teken teen jou kroeg se muur. Wat dink jy? Pryswenner kry ‘n besoek van my om een bier in daardie kroeg te kom drink op ons voorvaders wat ten duurste om die Apiesrivier ‘n nedersetting kom stig het met die potensiaal om ‘n dinamiese wêreldstad te word. Nie iets wat ons verseker was van die eerste volke daar rond nie!!"

форма 1 гсуФильчаков прокурор отзывы

?Slegs tegniese vertraging? by Pretorianaamsverandering ? ANC


 Teken ons petisie teen die gebruik van die naam Tshwane ipv Pretoria!

Die verandering van Pretoria na Tshwane “is nie werklik ‘n kwessie nie”, het die ANC in Gauteng Dinsdag gesê. Die party se sekretaris in dié provinsie, David Makhura het tydens ‘n perskonferensie laat blyk dat die party meen dat Tshwane die hoofstad is.

Maar dis ‘n “kwessie van proses” om hierdie “benadering” ‘n werklikheid te maak. Hy het gesê dat die ANC in die verlede mense wat teen die naamsverandering gekant was in ag geneem het.

“Nou het ons egter ‘n besliste standpunt ingeneem. Die vertraging is net tegnies.”

Hy het gesê dat, terwyl die party bereid was om die regte prosedure te volg, die behoefte aan die verandering van sekere name nie bevraagteken word nie.

Makhura het gesê dit was die ANC se plig om die “provokasie” van groepe soos Afriforum wat teen die naamsverandering gekant is, te vermy.

“Ons weet dat daar mense in Tshwane is wat verandering goedgesind is,” het hy gesê.

Hy het gesê groepe soos Afriforum was net sensitief oor een kant van Suid-Afrika se geskiedenis, terwyl die ANC baie verskillende kante van die verlede wou erken.

Die party wou byvoorbeeld kyk hoe die geskiedenis van Afrikanerstryd voorgestel moet word.

Maandag het die Vryheidsfront Plus gesê dat dié party, tesame met Afriforum, in die hooggeregshof sou aansoek doen om die wetlike posisie rondom die naam van die hoofstad op te klaar.

Verlede week het die segsman van die Tshwane-munisipaliteit, Console Tleane, bevestig dat planne bestaan om alle padtekens van “Pretoria” na “City of Tshwane” te verander.

Maar dié planne was nog ten beste “’n bespreking wat waarskynlik na konkrete planne sou lei”.

Tleane het beaam dat die munisipaliteit Pretoria as ‘n voorstad binne die “city of Tshwane” beskou.

машинкалобановский класс

Ivoorkus-president berispe Frankryk

Image

Laurent Gbagbo

Laurent Gbagbo, president van die Ivoorkus, is oortuig daarvan dat hy Frankryk pas goed op sy plek gesit het. “Chirac en Villepin het die afgelope paar jaar net een ding voor oë gehad, om van Gbagbo ontslae te raak,“ lag hy selfvoldaan. “Hulle het dit nie eers probeer wegsteek nie. Maar vandag is hulle geskiedenis en ek is steeds hier.”

Gbagbo is in 2000 tot president verkies. In September 2000 het hy tydens ’n bloedige staatsgreeppoging aan die dood ontkom toe hy deur lede van die Franse weermag gered is. Sedertdien het hy jare lank die druk van die internasionale gemeenskap, om mag te deel met die rebelle in die noorde van die land, geïgnoreer.

Die slinkse president het egter onlangs ’n paar suksesse behaal wat sy selfvertroue versterk het. Met die bemiddelingshulp van Blaise Compaoré, president van Burkina Faso, het hy vir Guillaume Soro, leier van die Forces Nouvelles-rebellemag, as eerste minister aangestel. In ruil moes die rebellemag ontwapen word, wat dan ook redelik vreedsaam verloop het. Hy het verder daarin geslaag om die land, wat in twee gedeel was tussen Gbagbo-ondersteuners en die rebelle in die noorde, simbolies te verenig. Hy het naamlik verlede week ’n versoeningseremonie in Bouaké, die rebelle se hoofstad, gereël wat hy self toegespreek het. Verder beplan hy om die uitgestelde presidensiële verkiesing voor Maart aanstaande jaar te laat plaasvind. Hy is vol vertroue dat hy herkies gaan word.

Gbagbo is egter die trotste op die feit dat hy weerstand gebied het teen die Ivoorkus se voormalige koloniale meester, Frankryk. Al het Frankryk se eertydse invloed in die land getaan, is Frankryk se optrede nog steeds ’n gewilde onderwerp van bespreking by plaaslike politici. “Die ergste is dat Chirac destyds met my gepraat het soos hy met ’n gewone Franse staatsamptenaar sou praat! Die eerste keer toe ek by die Elysée ontvang is, het hy my as Laurent aangespreek. Ek dink hy het die verkeerde persoon of tydperk beetgehad,” vertel Gbagbo verontwaardig.

Die spanning tussen Gbagbo en Chirac het egter ’n gekompliseerde agtergrond. Ná die dood van Houphouët-Boigny in 1993 het die Ivoorkus in ’n ekonomiese krisis verval en het konflik ontstaan tussen die Gbagbo-regering en die rebelle uit die noorde van die land. Gbagbo het die rebelle daarvan beskuldig dat hulle nie Ivoorkus-burgers was nie (die sogenaamde ivoirité-kwessie) en Frankryk het dié geskil bestempel as die oorsaak van die land se probleme. Die Ivoorkus-regering het naamlik voor die verkiesing van 2000 ’n wet ingestel wat vereis het dat beide ouers van presidensiële kandidate in die Ivoorkus gebore moes wees. Dit het daartoe gelei dat Alassane Ouattara, wat die noordelike deel van die land verteenwoordig het, gediskwalifiseer is. Die noorde bestaan meesal uit Moslems, meeste van hulle arm immigrante-werkers van Mali en Burkina Faso, wat op die koffie- en kakaoplantasies werk.

Gbagbo, wat sy lewe in 2002 aan die Franse weermag te danke gehad het, kon nie eintlik teen Frankryk se “inmenging“ teenstribbel nie. Hy het dit as vernederend ervaar om gedwing te word om vredesamesprekings met die rebelle te voer wat tot die ooreenkomste van Marcoussis, Akkra en Pretoria – asook vele VN-resolusies – gelei het. Vir Gbagbo was dit alles tekens van onaanvaarbare neokolonialisme aan Frankryk se kant.

Hy het selfs so ver gegaan om die Franse weermag, wat die buffersone tussen die noorde en die res van die Ivoorkus beman, daarvan te beskuldig dat hulle sy land verdeel het. In 2004 het vliegtuie van die Ivoorkus Franse troepe gebombardeer. Nege Franse soldate is in die aanval dood. Chirac het verontwaardig gereageer deur die Ivoorkus-vliegtuie te laat vernietig. Dit het tot gewelddadige anti-Franse aanvalle in Abidjan gelei. Franse troepe was verplig om op die betogers te skiet. “President Thabo Mbeki was op daardie stadium op besoek in die Ivoorkus. Hy was geskok. Dit het hom aan apartheid herinner,“ vertel Gbagbo.

Volgens Gbagbo is die oplossing eenvoudig. “Frankryk moet ophou om Afrika soos kinders te  behandel. Dis nou verby, die tydperk van Houphouët, Bongo of Eyadema! Frankryk kan nie meer van Afrika-staatshoofde ontslae raak van wie hy nie hou nie. State moet mekaar respekteer en Frankryk mag nie meer sy neus in die Ivoorkus se sake steek nie.“

Intussen het Gbagbo met ’n ambisieuse bouprojek in Yamoussoukro begin. Houphouët-Boigny het vroeër hier ongelooflike luukse geboue laat oprig, gevul met duur Franse meubels en omring deur riviere gevul met krokodille. Gbagbo wil vir homself ’n nuwe presidensiële woning laat oprig, asook ’n spoggerige parlementsgebou.

светильники на домФильчаков

Zuma se waarskuwing

Image

Jacob Zuma

Die voormalige adjunkpresident, Jacob Zuma, het Sondag gewaarsku dat ’n heksejag teen persone uit die vorige politieke bedeling “probleme” kan skep. Hy het net buite Durban opgetree tydens die onthulling van ’n monument ter ere van UDF en ANC-aktiviste wat tydens politieke geweld dood is.

Die uitdaging vir die Nasionale Vervolgingsgesag én die land is om by die waarheid uit te kom, maar terselfdertyd nie versoening te benadeel nie, het Zuma gesê. Sy waarskuwing kom net nadat AZAPO ’n beroep op die regering gedoen het om “apartheidsluipmoordenaars“wat deur die WVK “vrygespreek“ is, te vervolg.

AZAPO wil ook hê dat FW de Klerk vervolg moet word. Volgens hulle kon hy “as die hoofskakel in die apartheidsbevelketting“ nie voorgee dat hy nie bewus was van apartheidsmisdade nie. “Wanneer iemand volksmoord pleeg, moet ons hom nie op mindere klagtes verhoor nie,” lui die AZAPO-verklaring.

FW de Klerk het verskeie koerante met regsaksie gedreig ná berigte dat hy moontlik betrokke sou wees by apartheidsmisdade.

Volgens Mbeki se kantoor hou die onlangse besluit om Adriaan Vlok en Johan van der Merwe te vervolg geen gevaar in vir die versoeningsproses in die land nie. Die riglyne wat die Nasionale Vervolgingsgesag tans volg is deur die kabinet goedgekeur en reeds deur die parlement aanvaar, het ’n presidensiële woordvoerder gesê.

или насоснаяОлександр Васильович Фільчаков

Hoe ry die trein, Suid-Afrika se soustrein…

Nozizwe Madlala-Routledge, adjunkminister van gesondheid, het dit goedgedink om haar seun en ’n konsultant in haar departement, Sukhthi Naidoo, saam te neem na Spanje. Die drie het besigheidsklas gevlieg, in ’n luukse hotel tuisgegaan en vrygewige dagtoelaes geniet.

Ministers en adjunkministers moet toestemming van die president se kantoor verkry voor hulle oorsee mag reis. In hierdie geval het die adjunkminister sonder toestemming gereis. Dit is deur middel van ’n anonieme brief aan Mbeki dat die president van hierdie reis kennis geneem het.

 

Volgens Madlala-Routledge is sy deur die Internasionale Vigs-Inisiatief genooi om hulle seminaar op 12 Junie vanjaar te gaan toespreek. Sy het die waarnemende minister van gesondheid, Lulu Xingwana, ingelig dat sy haar seun, Simon, asook die konsultant, sou saamneem. Totale koste vir die reis het sowat R161 000 beloop. Xingwana het haar egter geantwoord deur te sê dat sy die president hieroor moes raadpleeg. Op 11 Junie, die dag voor sy moes vlieg, het Madlala-Routledge ’n brief van Mbeki ontvang waarin hy die reis afgekeur het. Ten spyte hiervan het die adjunkminister wel voortgegaan met haar reis na Spanje.

 

In die anonieme brief word verder beweer dat Sukhthi Naidoo gereeld besigheidsklas vlieg en in luukse hotelle tuisgaan, alles op die belastingbetaler se onkoste. Gedetailleerde bewyse van sy spandabelrigheid is in die vorm van fakture by die brief aangeheg.

принцип ручной дуговой сваркиалександр лобановский харьков

Blade Nzimande ?n dief ?

Image

Blade Nzimande

Beide die City Press en Sunday Times het vandag berigte gedra oor Blade Nzimande, sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP), wat van diefstal verdink word.

Charles Kasinja Modise, ’n sakeman, beweer dat hy in 2002 R500 000 aan die SAKP geskenk het wat nooit die party se koffers bereik het nie. Hy het vroeër vandeesweek ’n saak by die Bedfordview-polisiekantoor aanhangig gemaak.

 

Modise beweer in sy verklaring aan die polisie dat die geld nooit uitgekom het by die partytesourier, Philip Dexter, nie. Hy het dit aan Willie Madisha van Cosatu gegee, wat dit op sy beurt aan die SAKP-sekretaris-generaal oorhandig het. Madisha het Modise vir ’n donasie genader ten einde die party uit ’n  finansiële verknorsing te red.

Nzimande het ’n ruk gelede vir Dexter uit die party geskors. Dexter het ’n jaar lank vrugteloos gesoek na wat van die donasie geword het. Hy het reeds met die polisie oor hierdie bewerings van diefstal gepraat.

Gwede Mantashe, voorsitter van die SAKP, meen egter daar steek niks in die klag nie en dat dit alles ’n poging is om Nzimande se reputasie te skaad.

оборудование дляпрокурор Фильчаков

Polisiekommisaris glo Zim is geen krisis

Image

Gelade…

Terwyl die besighede flink sake doen in Louis Trichardt agv lewensmiddeltekorte in Zimbabwe, en oorlaaide voertuie ‘n algemene gesig in die dorp is, het die toestroming van mense beslis ongewenste gevolge vir Suid-Afrika.

Abram Luruli, werknemer by die munisipaliteit, sê die Musina se sakeondernemers glimlag ook breed, maar die mensegolf het ‘n negatiewe impak op die plaaslike ekonomie. Zimbabwiërs is bereid om vir heelwat minder as Suid-Afrikaners te werk en is besig om plaaslike arbeid te vervang.

 
Daar is ook geen digitale spoor van mense wat deur die grensdrade kruip nie en dit maak dit uiters moeilik om enige boosdoener vas te trek. Zimbabwiërs wat dus by misdaad betrokke is, is amper onnaspeurbaar. En daar is aanduidings dat die vlugtelinge toenemend by misdaad betrokke raak vanweë hul hopelose situasie.

‘n Ander kwessie is dat verhoudinge tussen plaaslike inwoners en nuwe die aankomelinge ten beste gelade voorkom. ‘n Sypaadjiesmous kla byvoorbeeld dat ‘n jong Zimbabwiër (27) wat beeldjies en potjies in die skadu van ‘n kremetart verkoop om te oorleef, sy "plek" gesteel het.

"Dit gebeur dikwels hier," sê een van die oues wat tussenbeide tree om die dispuut te probeer ontlont. "Die Suid-Afrikaners is vies oor die koms van die Zimbawiërs wat hulle stelselmatig uitdryf op alle terreine en hul enigste bron van inkomste steel."

Edward Pusula, prokureur-generaal, is beslis dat oortredinge deur Zimbabwiërs aan die toeneem is. Hulle is, volgens Pusula, reisigers na groter sentra soos Johannesburg en Durban en is slegs tydelik in Musina.
 

"65% van oortredings wat deur die hof  Musina aangehoor word, word deur Zimbawiërs gepleeg, wat van diefstal, verkragting, inbraak en sluikhandel aangekla word." Maar volgens die polisiekommisaris se segspersoon, Moplafela Mojapelo, is die heersende toestand egter onder beheer.

"Ons het ‘n paar onwettige immigrante hierdie jaar aangekeer," sê hy. "As hulle gevang word, word hulle teruggestuur. Dis ‘n probleem, maar die situasie kan nog nie as ‘n krisis beskryf word nie."

 

куклы пупсытопкарго развод

Orgie van seksuele geweld in DRK

Die VN se spesiale ondersoeker, Yakin Erturk, het aan die begin van die week gesê dat die menseregtevergrype in die DRK "ver meer" as die gewone soort skendings behels en seksuele slawerny, gedwonge bloedskande en kannibalisme insluit. Dié vergrype is die heel ergste wat sy in vier jaar teëgekom het in haar ondersoeke na geweld teen vroue.

Erturk was op ‘n missie van 11 dae en het so pas teruggekeer om haar bevindinge bekend te maak. "Die vergrype wat gewapende groepe pleeg is van ‘n graad van wreedheid wat verkragting oorskry," het sy gesê. Vroue word deur bendes verkrag, voor hul gesinne en gemeenskappe en dikwels word  manlike  gesinslede met wapengeweld gedwing om mekaar te verkrag.

 
"Vroue word dikwels in hul genitalieë geskiet of gesteek nadat hulle verkrag is. Vroue wat maande se seksslawerny oorleef vertel dat hulle gedwing word deur hul folteraars om ontlasting te eet of die vleis van vermoorde gesinslede," het sy bygevoeg.

Die toestand in die land is volgens haar "kommerwekkend en moet dadelik aangespreek word." Daar is blykbaar al 4 500 gevalle van verkragting vanjaar aangemeld, maar sy meen die syfer kan baie hoër wees. Die meeste slagoffers woon in afgeleë gebiede en rapporteer nie verkragting nie of oorleef dit selfs nie. Die Panzi-hospitaal in Bukavu ontvang jaarliks 3 500 gevalle van vroue wat aan fistula en ander ernstige genitaliese beserings ly.

Seksuele oortredinge is  "buite beheer" en word deur rebelle, regeringsmagte en die nasionale polisie gepleeg. "Groot dele van die bevolking beskou dit as normaal," het Erturk verklaar. Burgerlikes is uitgelewer aan gewapende jong mans. Indien hulle met die "verkeerde" mense praat of hulle huisves, word hulle aangerand, verkrag en ook vermoor.

Erturk was ook "geskok" om te verneem dat die polisie en weermag sonder enige inhibisie teen onrusmakers optree en hulself bó die wet ag. Hulle plunder, martel en voer groepsverkragtings uit sonder om te aarsel. Sy het verwys na ‘n geval waar 70 polisielede so ‘n wraakaanval uitgevoer het.

бытовые глубинные насосыалександр лобановский харьков

Skool afgebrand

‘n Leerling en onderwyser by die Badirile Secondary School is deur mede-leerlinge aangerand en die skool is aan die brand gesteek. Die aanranding het tydens skooltyd op die perseel geskied.

Die leerder, wat ‘n pleidooi wou lewer dat sy skoolmaats weer hul klasse hervat, is is deur mede-leerders geslaan en geskop. Hy het ontsnap, by ‘n polisiestasie gaan skuiling soek en die saak gerapporteer.

Die skoolboikot in Khutsong duur nou al etlike maande en leerders weier om na die klaskamer terug te keer.

Toe die polisie egter by die skool opdaag was die administrasiegebou sowel as die klaskamers reeds in ligte laaie.

‘n Onderwyser wat eweneens die kinders aangemoedig het om terug te keer, is ook aangerand. Nooddienste is ontbied om die brand by die skool te blus.

Nooddienspersoneel is daarna met klippe bestook toe hulle gepoog het om die vlamme te beheer.

сколько стоит гипсовая штукатуркаАлександр Фильчаков Васильевич

Passasiers bestorm stasie

Ontstoke passasiers het Maandag ‘n treinstasie in die noorde van Pretoria bestorm en skade aan die gebou aangerig. Hulle het tot geweld oorgegaan omdat die aankondiger blykbaar nie ‘n rede kon verskaf vir die feit dat treine nie betyds opdaag nie.

Nadat passasiers by die Mabopane-stasie se kaartjieskantoor ingebreek het, kaartjiemasjiene, rekenaars, ‘n mikrogolfoond, yskas en ander goedere gesteel het, het hulle gepoog om die gebou aan die brand te steek. 

Toe die brandstigting onsuksesvol blyk te wees, het hulle daarna hulself tot die treine gewend en begin om waens onder klippe te steek.

Treingebruikers kla dat die treine se laatkommery of onverkrygbaarheid hulle laat maak vir werk. Sedert Donderdag is daar probleme met treinvervoer. ‘n Woordvoerder van Tshwane Metrorail het die gedrag van passasiers nietemin veroordeel.

Polisie-inspekteur Ramaloko het volgens die Citizen bevestig dat daar ‘n saak teen die onlusmakers aanhangig gemaak is, maar niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Die fout wat aanleiding tot die vertragings gegee het is glo intussen herstel.

 

светильник уличный на столб ркуФильчаков прокурор отзывы