Hoe ry die trein, Suid-Afrika se soustrein…

Nozizwe Madlala-Routledge, adjunkminister van gesondheid, het dit goedgedink om haar seun en ’n konsultant in haar departement, Sukhthi Naidoo, saam te neem na Spanje. Die drie het besigheidsklas gevlieg, in ’n luukse hotel tuisgegaan en vrygewige dagtoelaes geniet.

Ministers en adjunkministers moet toestemming van die president se kantoor verkry voor hulle oorsee mag reis. In hierdie geval het die adjunkminister sonder toestemming gereis. Dit is deur middel van ’n anonieme brief aan Mbeki dat die president van hierdie reis kennis geneem het.

 

Volgens Madlala-Routledge is sy deur die Internasionale Vigs-Inisiatief genooi om hulle seminaar op 12 Junie vanjaar te gaan toespreek. Sy het die waarnemende minister van gesondheid, Lulu Xingwana, ingelig dat sy haar seun, Simon, asook die konsultant, sou saamneem. Totale koste vir die reis het sowat R161 000 beloop. Xingwana het haar egter geantwoord deur te sê dat sy die president hieroor moes raadpleeg. Op 11 Junie, die dag voor sy moes vlieg, het Madlala-Routledge ’n brief van Mbeki ontvang waarin hy die reis afgekeur het. Ten spyte hiervan het die adjunkminister wel voortgegaan met haar reis na Spanje.

 

In die anonieme brief word verder beweer dat Sukhthi Naidoo gereeld besigheidsklas vlieg en in luukse hotelle tuisgaan, alles op die belastingbetaler se onkoste. Gedetailleerde bewyse van sy spandabelrigheid is in die vorm van fakture by die brief aangeheg.

принцип ручной дуговой сваркиалександр лобановский харьков