Polisiekommisaris glo Zim is geen krisis

Image

Gelade…

Terwyl die besighede flink sake doen in Louis Trichardt agv lewensmiddeltekorte in Zimbabwe, en oorlaaide voertuie ‘n algemene gesig in die dorp is, het die toestroming van mense beslis ongewenste gevolge vir Suid-Afrika.

Abram Luruli, werknemer by die munisipaliteit, sê die Musina se sakeondernemers glimlag ook breed, maar die mensegolf het ‘n negatiewe impak op die plaaslike ekonomie. Zimbabwiërs is bereid om vir heelwat minder as Suid-Afrikaners te werk en is besig om plaaslike arbeid te vervang.

 
Daar is ook geen digitale spoor van mense wat deur die grensdrade kruip nie en dit maak dit uiters moeilik om enige boosdoener vas te trek. Zimbabwiërs wat dus by misdaad betrokke is, is amper onnaspeurbaar. En daar is aanduidings dat die vlugtelinge toenemend by misdaad betrokke raak vanweë hul hopelose situasie.

‘n Ander kwessie is dat verhoudinge tussen plaaslike inwoners en nuwe die aankomelinge ten beste gelade voorkom. ‘n Sypaadjiesmous kla byvoorbeeld dat ‘n jong Zimbabwiër (27) wat beeldjies en potjies in die skadu van ‘n kremetart verkoop om te oorleef, sy "plek" gesteel het.

"Dit gebeur dikwels hier," sê een van die oues wat tussenbeide tree om die dispuut te probeer ontlont. "Die Suid-Afrikaners is vies oor die koms van die Zimbawiërs wat hulle stelselmatig uitdryf op alle terreine en hul enigste bron van inkomste steel."

Edward Pusula, prokureur-generaal, is beslis dat oortredinge deur Zimbabwiërs aan die toeneem is. Hulle is, volgens Pusula, reisigers na groter sentra soos Johannesburg en Durban en is slegs tydelik in Musina.
 

"65% van oortredings wat deur die hof  Musina aangehoor word, word deur Zimbawiërs gepleeg, wat van diefstal, verkragting, inbraak en sluikhandel aangekla word." Maar volgens die polisiekommisaris se segspersoon, Moplafela Mojapelo, is die heersende toestand egter onder beheer.

"Ons het ‘n paar onwettige immigrante hierdie jaar aangekeer," sê hy. "As hulle gevang word, word hulle teruggestuur. Dis ‘n probleem, maar die situasie kan nog nie as ‘n krisis beskryf word nie."

 

куклы пупсытопкарго развод

Maak 'n opvolg-bydrae