Blade Nzimande ?n dief ?

Image

Blade Nzimande

Beide die City Press en Sunday Times het vandag berigte gedra oor Blade Nzimande, sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP), wat van diefstal verdink word.

Charles Kasinja Modise, ’n sakeman, beweer dat hy in 2002 R500 000 aan die SAKP geskenk het wat nooit die party se koffers bereik het nie. Hy het vroeër vandeesweek ’n saak by die Bedfordview-polisiekantoor aanhangig gemaak.

 

Modise beweer in sy verklaring aan die polisie dat die geld nooit uitgekom het by die partytesourier, Philip Dexter, nie. Hy het dit aan Willie Madisha van Cosatu gegee, wat dit op sy beurt aan die SAKP-sekretaris-generaal oorhandig het. Madisha het Modise vir ’n donasie genader ten einde die party uit ’n  finansiële verknorsing te red.

Nzimande het ’n ruk gelede vir Dexter uit die party geskors. Dexter het ’n jaar lank vrugteloos gesoek na wat van die donasie geword het. Hy het reeds met die polisie oor hierdie bewerings van diefstal gepraat.

Gwede Mantashe, voorsitter van die SAKP, meen egter daar steek niks in die klag nie en dat dit alles ’n poging is om Nzimande se reputasie te skaad.

оборудование дляпрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae