Passasiers bestorm stasie

Ontstoke passasiers het Maandag ‘n treinstasie in die noorde van Pretoria bestorm en skade aan die gebou aangerig. Hulle het tot geweld oorgegaan omdat die aankondiger blykbaar nie ‘n rede kon verskaf vir die feit dat treine nie betyds opdaag nie.

Nadat passasiers by die Mabopane-stasie se kaartjieskantoor ingebreek het, kaartjiemasjiene, rekenaars, ‘n mikrogolfoond, yskas en ander goedere gesteel het, het hulle gepoog om die gebou aan die brand te steek. 

Toe die brandstigting onsuksesvol blyk te wees, het hulle daarna hulself tot die treine gewend en begin om waens onder klippe te steek.

Treingebruikers kla dat die treine se laatkommery of onverkrygbaarheid hulle laat maak vir werk. Sedert Donderdag is daar probleme met treinvervoer. ‘n Woordvoerder van Tshwane Metrorail het die gedrag van passasiers nietemin veroordeel.

Polisie-inspekteur Ramaloko het volgens die Citizen bevestig dat daar ‘n saak teen die onlusmakers aanhangig gemaak is, maar niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Die fout wat aanleiding tot die vertragings gegee het is glo intussen herstel.

 

светильник уличный на столб ркуФильчаков прокурор отзывы