Media24 vervals sirkulasiesyfers

Afrika se grootste mediamaatskappy, Media24, het erken dat hulle die sirkulasiesyfers van 12 van hul 60 tydskrifte vervals het. Hein Brand, uitvoerende hoof, het Woensdag aan joernaliste gesê dat hy "daarvan sou gehou het om te sê dat dit foute was, maar dit was ongerymdhede… dis ‘n absolute aaklige toedrag van sake."

Die Ouditburo vir Sirkulasie het gelas dat vyf tydskrifte van Touchline Media, ‘n Media24-filiaal, en sewe vrouetydskrifte se verskyning verlede maand gestaak word. Drie senior bestuurders waaronder ook die uitvoerende hoof van Touchline, Marc Blachowitz, het intussen bedank maar word steeds ondersoek in verband met die vervalste sirkulasiesyfers.

Patricia Scholtemeyer, HUB van Media24 se tydskrifafdeling, meen dit was ‘n "bewustelike manipulasie van die syfers deur sekere indiwidue. Dit was defnitief nie deur die topbestuur goedgekeur nie." Die betrokke tydskrifte is Men’s Health, Sports Illustrated, Wisden Cricketer, Shape, Kick Off, True Love Babe, InStyle SA, True Love, Lééf, Fairlady, Sarie en True Love Bride.

In sekere gevalle is die sirkulasiesyfer met soveel as 50% vergroot. Die forensiese span wat die bedrog ondersoek het, het aanbeveel dat drie bestuurders van Touchline en  ses werknemers van die vrouetydskrifafdeling ondersoek word. Volgens die hoofforensiesebeampte is daar reeds bekentenisse gedoen. "Dit het die vervalsing van dokumente wat aandui dat die titels van eienaar verwissel het, behels," het hy gesê.

Sodoende is vervalste fakture geskep om verkope aan te dui wat nooit plaasgevind het nie. Media24 het aangedui dat hulle adverteerders sal terugbetaal wat die maatskappy "miljoene" sal kos. Brand het egter gesê dat dit geen finansiële risiko vir die maatskappy inhou nie. Die Ouditburo vir Sirkulasie is tans besig om ‘n onafhanklike ondersoek van al Media24 se tydskrifte te doen en dit sal binne die volgende drie maande afgehandel wees.

люстру италияФільчаков прокурор

Die grootste Afrikanerverraaier van alle tye

Ons beleef ’n seisoen van verraad waartydens sommige Afrikaners nie huiwer om hul broers of susters in die rug te steek en ons vyande in hul verdrukking en heerskappy oor ons by te staan nie. Maar wie is die grootste Afrikanerhensoppers van alle tye, lewend of nie-lewend? Oor die volgende maand gaan ons almal oproep om erkenning te verleen aan Afrikanerverraaiers en ook om vir hulle te stem in ons meningspeiling om die grootste Afrikanerverraaier van alle tye aan te wys. Daar sal ’n tweede, derde, vierde plek, ens. wees, asook wenners in vyf kategorieë.

Stuur vir ons vandag nog u nominasies na inlig@praag.org sodat hulle name op die treffersparade van jollie joiners kan verskyn. Sluit asb. ’n kort motivering in waarom u die betrokke persoon, lewend of nie, nomineer vir die Grootste Afrikanerverraaierwedstryd.

Die algehele wenner sal by die Praagdinee op 2 November 2007 aangekondig word, asook die wenners in kategorieë. Die vyf kategorieë is: politici, akademici, joernaliste, predikante en sakemanne. Vertel u vriende van hierdie wedstryd en kry hulle om ook te stem en sodoende die grootste Afrikanerverraaier van alle tye aan te wys.

Laat kom die nominasies!

Ons redaksie nomineer solank:

 

Roelf Meyer (politikus)

FW de Klerk (politikus)

Prof. Chris de Beer (akademikus van die UP)

Max du Preez (joernalis)

Deon Maas (joernalis)

Marthinus van Schalkwyk (politikus) 

 

tennis firstАлександр Фильчаков

Boere wen groenligstryd

Image

Gideon Meiring

‘n Groep boere in die Noord-Transvaal het hul stryd om anti-misdaadpatrollies met groen ligte te mag voortsit, gewen. Na afloop van ‘n vergadering met kommissaris André Pruis van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het mnr. Gideon Meiring gesê: "Die groen ligte is hier om te bly."

Enkele weke gelede is boere op patrollie deur lede van die SAPD lastig geval en is hulle onder meer beboet omdat hulle van groen ligte gebruik maak. Dieselfde groepe boere van die TLU-Veiligheidsdiens was in die nuus omdat hulle onwettige immigrante uit Zimbabwe arresteer en aan die SAPD vir repatriasie na Zimbabwe oorhandig.

 

 

диагностика автоФильчаков прокурор харьков

MIV-besmette kondome dood Afrikane

Image

Besmet?

Francisco Chimoio, die Katolieke aartsbiskop van Maputo, het Westerse kondoomvervaardigers daarvan beskuldig dat hulle kondome met opset besmet met die MIV-virus en dit dan na Afrika stuur “om die Afrikane vinnig dood te maak.”

Hy het aan die BBC vertel dat hy oor buitengewone inligting beskik oor ’n sameswering om Afrikane uit te roei. “Ek weet dat daar twee lande in Europa is … wat opsetlik kondome met die virus produseer,” het hy beweer. Hy wou egter nie sê na watter lande hy verwys nie. “Hulle wil ons steeds koloniseer. As ons nie versigtig is nie, sal dit klaarpraat wees met ons binne ’n eeu.”

Volgens mediese kenners is sy uitsprake belaglik. Die MIV-virus kan glad nie binne ’n kondoom oorleef nie. Die aartsbiskop se bewerings kan egter die Mosambiekse regering se pogings om vigs te bestry in die wiele ry. Daar word beraam dat sowat een uit elke ses Mosambiekers die virus onder lede het en dat 500 mense daagliks aangesteek word. Mosambiek het ’n bevolking van 19 miljoen mense.

Die Katolieke kerk in Mosambiek is steeds sterk gekant teen die gebruik van kondome. Aartsbiskop Chimoio word as ’n gerespekteerde figuur in daardie land beskou, hoofsaaklik omdat hy ’n groot rol gespeel het om vrede tussen die strydende Mosambiekse faksies te bewerkstellig.

Soortgelyke skeptisisme oor die ware oorsprong van vigs is ook elders in Afrika aan te tref. Dit is welbekend dat president Thabo Mbeki die skakel tussen MIV en vigs betwyfel en glo dat antiretrovirale middels die liggaam vergiftig.

In Gambië verkondig die president, Yahya Jammeh, dat hy vigs-pasiënte kan genees deur ’n kruiemengsel aan hulle liggame te smeer. Die land se gesondheidsministerie verwys selfs pasiënte na die presidentskantoor. ’n Verenigde Nasies-beampte wat dit gewaag het om Jammeh se bewerings te bevraagteken, is onlangs summier uit die land geskop.

to startДанильченко Юрий Харьков

Spaanse koerant stel Bush in swak lig

‘n Spaanse koerant het Woensdag geheime dokumente gepubliseer wat George W. Bush in ‘n slegte lig stel. Volgens die inhoud van die bekendmaking sou die Amerikaanse president roterende Veiligheidsraadlidlande afgedreig het om nie teen die Irakoorlog te stem nie.

Vertroulike aantekeninge wat tydens ‘n ontmoeting tussen Bush en die voormalige Spaanse president, José Maria Aznar, afgeneem is, is in die El País koerant blootgelê.  Die byeenkoms waaroor berig word het in Februarie 2003 in die deelstaat Texas plaasgevind.

Bush het volgens die koerant by die geleentheid gesê dat lande soos Meksiko, Chile, Angola en Kameroen moet besef dat die veiligheid van die VSA op die spel is.

Hy het voorts gesê dat ‘n negatiewe houding van Chile teenoor die VSA die bekragtiging van die vryehandelsooreenkoms tussen die twee lande kan skaad omdat die Senaat dit mag afkeur. Wat Angola betref het die Amerikaanse president laat blyk dat noodsaaklike fondse teruggehou kan word.

Daarbenewens het Bush dit ook duidelik gemaak dat die VSA onafhanklik van die Veiligheidsraad van die VN sal besluit oor die wenslikheid van die inval in Irak. Dit het later geblyk dat die meerderheid internasionale stemme gekant was teen die inval.

Alan Greenspan, eminence grise van die Amerikaanse Federale Reserwebank, het onlangs erken dat die doel van die inval nie was om wapens van massavernietiging in Irak te vind nie, maar dat olie die dryfveer was.

обработка пескоструемtopcargo

Toetankamen was nie swart nie

Image

Toetankamen

Zahi Hawass, deskundige van Egiptiese oudhede en die Egiptiese beskawing, het Dinsdag in ’n verklaring benadruk dat Toetankamen nie swart was nie. Dit volg op beroepe deur swart aktiviste in die VSA dat die jong farao se swart kleur uiteindelik erken moet word.

“Toetankamen was nie swart nie, en die voorstelling van die antieke Egiptiese beskawing as swart is van alle waarheid ontbloot,” aldus Hawass. “Egiptenare is nie Arabiere nie en ook nie Afrikane nie, ten spyte van die feit dat Egipte in Afrika geleë is.” Hawass het verder gesê dat hy gevoel het hy moes reageer op onlangse betogings in Philadelphia, ná afloop van ’n lesing wat hy op 6 September aangebied het om sy teorie te verdedig.

Swart aktiviste het onder andere beweer dat afbeeldings van die farao Toetankamen verander is om hom met ’n ligter velkleur voor te stel tydens die reisende uitstalling getiteld “Toetankamen en die Goue Era van die Farao’s.” Hierdie uitstalling, wat in Junie 2005 in Los Angeles afgeskop het, het destyds al ’n beroering veroorsaak toe swart aktiviste daarop aangedring het dat die borsbeeld van Toetankamen verwyder word omdat hy met “blanke” gelaatstrekke voorgestel word.

Die gesig van die legendariese farao, wat sowat 3 300 jaar gelede op die ouderdom van 19 oorlede is, is in 2005 opgebou met behulp van skanderings van sy mummie.

Die verhaal van Toetankamen fassineer mense al sedert sy onbeskadigde praalgraaf in 1922 naby Luxor in die suide van Egipte ontdek is.

шорты для девочкиданильченко юрій Харків

Die kuns van toustaan bemeester

Image

Die Britse kuns van toustaan

Buitelandse studente wat na die suide van Brittanje kom om Engels te leer, sal binnekort ‘n nuwe kursus moet byneem, naamlik hoe om tou te staan by bushaltes sodat die plaaslike inwoners nie verontrief word nie.

Die Southern Vectis-maatskappy wat die busdiens op die Isle of Wight bedryf, het Maandag aangekondig dat hulle die taalskole sal kontak in dié verband. Dit kom nadat die busdiens talle klagtes ontvang het ivm die gedrag van buitelanders.

March Morgan Huws, ‘n werknemer van Southern Vectis, het gesê dat die suide van Brittanje gewild is vanweë die taallesse wat aangebied word maar dat buitelanders nie gewoond is aan toustaan nie. Hulle storm op die bus af "in ‘n bondel" het hy voortgegaan. Die Britte staan tou terwyl die buitelanders skynbaar graag voor hulle indruk.

Die maatskappy wil graag saamwerk met die taalskole in die omgewing om lesse aan te bied om goeie maniere en toustaan aan die buitelandse studente te leer. Toustaan is glo deel van die Britse kultuur. Dit is onlangs weer geïllustreer deur die ordelike toue voor Northern Rock Bank se takke waar mense geduldig gewag het om hul geld te onttrek nadat kliënte gevrees het dat hulle hul deposito’s mag verloor.

As ‘n indringer die gewag wil vryspring en indruk is daar gewoonlik ‘n gebrom onder die toustaners, maar die meeste Britte is glo te welopgevoed om die oortreder direk te konfronteer. Blykbaar verkies Britse toustaners eerder om nader aanmekaar te beweeg om voornemende indrukkers te ontmoedig.

decorationsалександр лобановский класс

Regter se skandes

Image

Regter in sy Jaguar

Nkola Motata, ’n regter verbonde aan die Pretoriase hoër hof, sal vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op ’n aanklag van dronkbestuur. Hy word verder ook aangekla van pogings om die gereg te fnuik.

Die regter is op 6 Januarie vanjaar gearresteer toe hy met sy Jaguar deur ’n muur in Hurlingham gejaag het. Hy het hom teëgesit toe polisie hom wou arresteer en moes uiteindelik deur vyf metropolisiebeamptes in ’n polisiemotor gelaai word. Die staat beweer Motata se bloedtoets het op meer as vier keer die toegelate alkoholinhoud gedui. Hy het verder die naam van sy werkgewer as “Transval Provincial Division” geskryf en gesukkel om sy eie telefoonnommer te onthou en neer te skryf.

Motata het hom ook skuldig gemaak aan beledigings van die vroulike polisiebeamptes wat hom aanvanklik op die ongelukstoneel wou arresteer. Volgens die staat het hy geskreeu “F.. julle, onnosel vroumensbeamptes, julle kan my nie arresteer nie,” “vroumense kan my nie arresteer nie,” “julle onnosel vroue kan my nie arresteer nie,” en “n vroumens kan nie arresteer nie, dit moet ’n man wees.”

Alhoewel niemand die ongeluk, wat in die vroeë oggendure van 6 Januarie plaasgevind het, gesien het nie, is die regter “deurmekaar” agter die stuur van sy motor aangetref, te midde van die chaos van die muur wat hy stukkend gery het. Hy het aan polisie op die toneel erken dat hy die aand ’n partytjie bygewoon het en wyn gedrink het. Die regter kon nie self regop staan nie. Hy en die motor het sterk na drank geruik. Verder het hy met ’n sleeptong gepraat. Hy het aggressief geword toe hy gevra is om in ’n pypie te blaas. Hy het ook polisiebeamptes gedreig dat hy hulle sou vervolg indien hulle hom arresteer.

Na afloop van die voorval het die regter hemel en aarde probeer beweeg om sy saak van die Johannesburgse magistraatshof na die Pretoriase hoër hof te skuif, omdat hy geglo het sy status is te belangrik vir ’n doodgewone magistraatshof, maar sy pogings het misluk. Hy sal dus vandag in die eenvoudige magistraatshof moet verskyn.

designer bridal headbandsлобановский александр отзывы

Barney se bul

Daar is gister gewoel en gewerskaf in Barney Pityana, UNISA-rektor, se Nieu-Muckleneuk-tuin. ’n Bul is opgemerk, vasgemaak aan ’n boom. Die dier sal vanmiddag om 17:00 geslag word, as deel van Pityana se dogter se huwelikseremonie.

Pityana, wat van Xhosa-afkoms is, het skynbaar die regte prosedure gevolg om die bul in sy tuin te slag, maar van sy bure is geskok en woedend. Daar word verder gewonder wie vir die seremonie gaan betaal. Die huis (’n amptelike UNISA-woning) is onlangs geverf en opgeknap. Daar word sowat 500 gaste by die troue verwag. Wit markiestente is reeds opgerig.

Volgens ’n woordvoerder van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Pretoria is die organisasie bewus van die slagting. ’n Verteenwoordiger van die DBV sal teenwoordig wees om seker te maak dat die dier nie onnodig ly nie. Hy het bevestig dat daar ’n toename in sulke seremonies in Pretoria-woongebiede is.

Pityana is al sedert 2001 rektor van UNISA. Hy het ’n regsagtergrond en spesialiseer verder in swart teologie. Hy was vroeër verbonde aan die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie. Hy het verlede jaar die Silwer Orde van die Groot Raadgewer van die Kremetart van president Thabo Mbeki ontvang. Die vermaarde joernalis Stephen Mulholland het hom al as “aggressief en bombasties” beskryf.

детские строительные инструменты купитьЛобановский Харьков

Suid-Afrika loop sy eie kernpaadjie

Image

Buyelwa Sonjica

Suid-Afrika het besluit om voorlopig nie deel uit te maak van die VSA se projek om kernkrag te versprei en te monitor nie, aangesien die land nie sy reg wil opgee om uraan te kan verryk nie.

Buyelwa Sonjica, minister van mineraal-en energiesake, het gister tydens ’n perskonferensie na afloop van die Verenigde Nasies se Atoomkragagentskapvergadering in Wene gesê dat Suid-Afrika ’n uitnodiging ontvang het om deel uit te maak van die Globale Kernenergievennootskap, maar dit nie aanvaar het nie, aangesien so ’n stap nasionale kernkragbeleid in die wiele kan ry. Ingevolge hierdie VSA-inisiatief sal state gehelp word om kernbrandstof te bekom en hoef hulle dus nie hulle eie uraan te produseer nie. Kernkrag word sodoende versprei, maar nie die tegnologie waarmee wapens vervaardig kan word nie.

Elf lande het Sondag lede van die projek geword tydens die byeenkoms in Wene. Hulle is Australië, Bulgarye, Ghana, Hongarye, Jordanië, Kazakstan, Litaue, Pole, Roemenië, Slovenië, en Oekraïne. China, Frankryk, Japan en Rusland is reeds lede.

Sonjica glo dat om uraan uit te voer vir verrykingsdoeleindes en dit dan her in te voer nie sin maak nie. “Dit sal in konflik staan met ons nasionale beleid,” meen sy.

Will Tobey van die VSA het aanvanklik beklemtoon dat geen land gevra word om sy reg om uraan te verryk op te gee nie. Hy is verantwoordelik vir nie-proliferasie aangeleenthede in die VSA se nasionale kernveiligheidsadministrasie. Hy het egter later erken ”dat dit nie sin sal maak om beide te doen nie” – met ander woorde dat ’n land aansluit by die Globale Kernenergievennootskap en steeds voortgaan om sy eie uraan te verryk. Hy meen dit is wel voordelig vir lande om deel uit te maak van hierdie vennootskap, aangesien uraanverryking ’n baie duur proses is.

Volgens Sonjica is Suid-Afrika nou op soek na internasionale vennote wat die land in sy uraanverrykingsprogram kan bystaan.

двухпоршневой ценаОлександр Фільчаков прокурор