Toetankamen was nie swart nie

Image

Toetankamen

Zahi Hawass, deskundige van Egiptiese oudhede en die Egiptiese beskawing, het Dinsdag in ’n verklaring benadruk dat Toetankamen nie swart was nie. Dit volg op beroepe deur swart aktiviste in die VSA dat die jong farao se swart kleur uiteindelik erken moet word.

“Toetankamen was nie swart nie, en die voorstelling van die antieke Egiptiese beskawing as swart is van alle waarheid ontbloot,” aldus Hawass. “Egiptenare is nie Arabiere nie en ook nie Afrikane nie, ten spyte van die feit dat Egipte in Afrika geleë is.” Hawass het verder gesê dat hy gevoel het hy moes reageer op onlangse betogings in Philadelphia, ná afloop van ’n lesing wat hy op 6 September aangebied het om sy teorie te verdedig.

Swart aktiviste het onder andere beweer dat afbeeldings van die farao Toetankamen verander is om hom met ’n ligter velkleur voor te stel tydens die reisende uitstalling getiteld “Toetankamen en die Goue Era van die Farao’s.” Hierdie uitstalling, wat in Junie 2005 in Los Angeles afgeskop het, het destyds al ’n beroering veroorsaak toe swart aktiviste daarop aangedring het dat die borsbeeld van Toetankamen verwyder word omdat hy met “blanke” gelaatstrekke voorgestel word.

Die gesig van die legendariese farao, wat sowat 3 300 jaar gelede op die ouderdom van 19 oorlede is, is in 2005 opgebou met behulp van skanderings van sy mummie.

Die verhaal van Toetankamen fassineer mense al sedert sy onbeskadigde praalgraaf in 1922 naby Luxor in die suide van Egipte ontdek is.

шорты для девочкиданильченко юрій Харків

Maak 'n opvolg-bydrae