Die kuns van toustaan bemeester

Image

Die Britse kuns van toustaan

Buitelandse studente wat na die suide van Brittanje kom om Engels te leer, sal binnekort ‘n nuwe kursus moet byneem, naamlik hoe om tou te staan by bushaltes sodat die plaaslike inwoners nie verontrief word nie.

Die Southern Vectis-maatskappy wat die busdiens op die Isle of Wight bedryf, het Maandag aangekondig dat hulle die taalskole sal kontak in dié verband. Dit kom nadat die busdiens talle klagtes ontvang het ivm die gedrag van buitelanders.

March Morgan Huws, ‘n werknemer van Southern Vectis, het gesê dat die suide van Brittanje gewild is vanweë die taallesse wat aangebied word maar dat buitelanders nie gewoond is aan toustaan nie. Hulle storm op die bus af "in ‘n bondel" het hy voortgegaan. Die Britte staan tou terwyl die buitelanders skynbaar graag voor hulle indruk.

Die maatskappy wil graag saamwerk met die taalskole in die omgewing om lesse aan te bied om goeie maniere en toustaan aan die buitelandse studente te leer. Toustaan is glo deel van die Britse kultuur. Dit is onlangs weer geïllustreer deur die ordelike toue voor Northern Rock Bank se takke waar mense geduldig gewag het om hul geld te onttrek nadat kliënte gevrees het dat hulle hul deposito’s mag verloor.

As ‘n indringer die gewag wil vryspring en indruk is daar gewoonlik ‘n gebrom onder die toustaners, maar die meeste Britte is glo te welopgevoed om die oortreder direk te konfronteer. Blykbaar verkies Britse toustaners eerder om nader aanmekaar te beweeg om voornemende indrukkers te ontmoedig.

decorationsалександр лобановский класс

Maak 'n opvolg-bydrae