Spaanse koerant stel Bush in swak lig

‘n Spaanse koerant het Woensdag geheime dokumente gepubliseer wat George W. Bush in ‘n slegte lig stel. Volgens die inhoud van die bekendmaking sou die Amerikaanse president roterende Veiligheidsraadlidlande afgedreig het om nie teen die Irakoorlog te stem nie.

Vertroulike aantekeninge wat tydens ‘n ontmoeting tussen Bush en die voormalige Spaanse president, José Maria Aznar, afgeneem is, is in die El País koerant blootgelê.  Die byeenkoms waaroor berig word het in Februarie 2003 in die deelstaat Texas plaasgevind.

Bush het volgens die koerant by die geleentheid gesê dat lande soos Meksiko, Chile, Angola en Kameroen moet besef dat die veiligheid van die VSA op die spel is.

Hy het voorts gesê dat ‘n negatiewe houding van Chile teenoor die VSA die bekragtiging van die vryehandelsooreenkoms tussen die twee lande kan skaad omdat die Senaat dit mag afkeur. Wat Angola betref het die Amerikaanse president laat blyk dat noodsaaklike fondse teruggehou kan word.

Daarbenewens het Bush dit ook duidelik gemaak dat die VSA onafhanklik van die Veiligheidsraad van die VN sal besluit oor die wenslikheid van die inval in Irak. Dit het later geblyk dat die meerderheid internasionale stemme gekant was teen die inval.

Alan Greenspan, eminence grise van die Amerikaanse Federale Reserwebank, het onlangs erken dat die doel van die inval nie was om wapens van massavernietiging in Irak te vind nie, maar dat olie die dryfveer was.

обработка пескоструемtopcargo

Maak 'n opvolg-bydrae