Veterane van die Mau Mau rebellie, wat deur historici beskou word as die anti-koloniale beweging wat onafhanklikheid na Oos-Afrika gebring het, wil vergoeding eis van die Britse regering vir die wandade wat Britse soldate gepleeg het.
Vyf bejaarde Keniane wat destyds gedurende die1950s aangehou is vir hulle rol in die opstand, is die hoofeisers in die saak wat op 23 Junie in die Londense hoërhof gehoor sal word.
Die Mau Mau Oorlogsveteraanorganisasie en die Kenia Menseregtekommissie (KMRK) het die eis ingestel met die hulp van die Britse regsfirma Leigh Day & Co.
Tom Kagwe, waarnemende hoof vir die KMRK, het aan 'n nuuskonferensie in Nairobi gesê dat 40 gevalle van menseregteskendings, wat foltering en seksuele wandade insluit, gedokumenteer is.
Die Mau Mau beweging het in 1952 begin toe rebelle wit plaasboere aangeval het. Geskiedkundiges meen ongeveer 30 Britse setlaars is gedood gedurende die opstand.
Die Britse regering het ingegryp en honderdeduisende Keniane doodgemaak en aangehou, ook Jomo Kenyatta, wat die eerste president van Kenia sou word nadat Kenia onafhanklikheid verkry het in 1963.

Catha edulis, oftewel khat, is wettig in Brittanje en is besig om die voorkeurdwelm te word onder studente en verarmde bankiers wat blykbaar nie meer duurder dwelms soos kokaïene kan bekostig nie. En natuurlik is dit nog steeds die gewildste dwelm onder Somaliërs.
Spotprente, hekelstukke, afbeeldings die afgelope agt jaar van George Bush, Amerika se vorige president, wat hom as 'n onnosel, nie-lesende sjimpansee voorstel, of 'n oorlogsugtige idioot is blykbaar presies wat 'n blanke man verdien.
Die arme Meksikane is deesdae ongewild die wêreld oor. Die uitbraak van die H1N1-virus, oftewel varkgriep, in Meksiko, sorg ook dat die toerisme na die land dramaties afgeneem het. In Meksikostad staan 85% van alle hotelkamers tans leeg.
President Barack Obama gaan nie met sy volgende besoek aan Duitsland saam met Kanselier Merkel afgeneem word nie. Trouens hy gaan nie eers in Berlyn aandoen nie.
Afrikane moet maan toe om te gaan vasstel wat ontwikkelde lande in die buitenste ruim aanvang. So meen Oeganda se president Yoweri Museveni.