Pres. Jacob Zuma het die afgelope naweek in die Oos-Kaap ’n dwarsklap na die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) gemik. “Sommige sê hulle veg vir ekonomiese vryheid. Wie onderdruk hulle ekonomies? Van wie soek hulle ekonomiese vryheid?” het Zuma volgens DispatchOnline gesê. “Net die ANC het aan Suid-Afrika vryheid gebring. Toe dit tyd was om te veg,
Waarheen is die Intelligensiediens se miljarde?
Collins Chabane, minister in die presidensie, het erken dat die verslae van die parlement se staande komitee oor intelligensie reeds die afgelope drie jaar nie deur die presidensie ontvang is nie. Suid-Afrika se intelligensie gemeenskap het sedert 2010 sowat R18 miljard bestee, maar niemand weet waarop nie. Die wet op intelligensie-oorsig bepaal egter dat die
Lees verder: Waarheen is die Intelligensiediens se miljarde?
ANC gaan by Amerikaanse Kongres kla oor terreurlys
Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Ehrahim Rasool, sê hy werk daaraan om die Amerikaanse Kongres te oorreed om die kwessie van Suid-Afrikaners – wat steeds op die Amerikaanse terreurlys is – omvattend te bespreek. Tot 1989 is die ANC deur die Pentagon en die CIA gelys as ‘n terroristeorganisasie. In 2002 is ‘n Amerikaanse visum
Lees verder: ANC gaan by Amerikaanse Kongres kla oor terreurlys
Zuma vra ‘patriotiese nuus’
Die Presidensie sê hy wil nie balans en regverdigheid ondermyn in sy versoek om meer patriotiese nuusberiggewing nie. President Jacob Zuma het in antwoord op ‘n Parlementêre vraag gesê sy versoek vir meer patriotiese nuusdekking behoort nie vertolk te word as ‘n poging om met redaksionele onafhanklikheid in te meng nie. Zuma sê die ontbloting
Boeremaglede vandag gevonnis
Die 20 veroordeelde mans in die dekadelange Boeremagverhoor sal vandag weet wat hulle lot gaan wees wanneer regter Eben Jordaan sy vonnisoplegging voortsit. Die regter het gister sy vonnisoplegging in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria opgeskort, nadat hy eers die getuienis ter versagting en verswaring van vonnis opgesom het. Die Boeremaglede is reeds skuldig bevind
‘DA het pas koeël deur sy eie kop gejaag’
Verlede week het die Nasionale Vergadering die wysigingswetsontwerp op die Wet op Billike Indiensneming met die steun van die regerende ANC én die Demokratiese Alliansie ingestem, skryf ‘n voormalige parlementêre navorser van die DP. Ten einde die betekenis hiervan asook die potensiële implikasies vir die opposisie te verstaan, sê James Myburgh, is dit nodig om
Die blou Malema
Volgende jaar se verkiesing kan ‘n geval van wees van wat die jongste politieke bykomstighede is om die massas mee te beïndruk. Julius Malema en sy Ekonomiese Freedom Fighters (EFF) het bekend geword vir hul rooi barette, maar Saterdag was dit die DA-leier Helen Zille se bloue wat vir opwinding gesorg het. Duidelik verwar Zille
Polisie blameer media vir Bekkersdal-geweld
Die Gautengse polisie blameer nou die media vir die voortslepende geweld in Bekkersdal aan die verre Wes-Rand. Gauteng se Premier Nomvula Mokonyane se besoek aan die lokasie het gekom nadat ‘n gespanne week van gewelddadige betogings oor dienslewering waarin ‘n jong man dood is. Die polisiewoordvoerder, Lungelo Dlamini sê in die meeste gevalle vind die
‘Marteling in gevangenis Zuid-Afrika’
Medewerkers van een gevangenis in de Zuid-Afrikaanse stad Mangaung worden beschuldigd van marteling. Bewakers van het beveiligingsbedrijf G4S zouden gedetineerden elektrische schokken hebben gegeven en in elkaar hebben geslagen. Verder zouden er onder dwang injecties zijn gegeven; waarom dat werd gedaan is niet duidelijk. De BBC zegt filmbeelden in handen te hebben waarin het geklik
Hindoe-organisasies ontsteld oor spotter Zapiro
Suid-Afrikaanse Hindoe-organisasies is woedend en verward oor ’n spotprent van die kunstenaar Zapiro oor die Hindoe-god Ganesj. Die organisasies noem die prent ’n “flagrante belediging en tekort aan respek vir die glorieryke Hindoe-geloof”. Die spotprent is op Zapiro se webwerf asook in die Sunday Times gepubliseer. Dit wys Ganesj, die god met die olifantkop, met
Lees verder: Hindoe-organisasies ontsteld oor spotter Zapiro
