Staat verklaar Boeremagbates verbeurd

bmDie Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het beslis dat Boeremaglede wat weens hoogverraad gevonnis is, nie hul bates sal terugkry waarop vroeër beslag gelê is nie.

Regter Eben Jordaan het ‘n bevel toegestaan waarin die Boeremag-bates verbeurd verklaar word aan die staat.

Dit sluit skootrekenaars en voertuie in.

Vyf van die lede is opgeskorte vonnisse opgelê en veertien is gevonnis tot tronkstraf van meer as 200 jaar.

Boeremaglede vandag gevonnis

Regter Eben Jordaan
Regter Eben Jordaan

Die 20 veroordeelde mans in die dekadelange Boeremagverhoor sal vandag weet wat hulle lot gaan wees wanneer regter Eben Jordaan sy vonnisoplegging voortsit.

Die regter het gister sy vonnisoplegging in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria opgeskort, nadat hy eers die getuienis ter versagting en verswaring van vonnis opgesom het.

Die Boeremaglede is reeds skuldig bevind aan hoogverraad nadat hulle beplan het om die regering met geweld omver te werp.

Vyf van hulle staan ook tereg op aanklagte van strafbare manslag. Een van die mans, Lets Pretorius, sê hulle weet nie wat om te verwag nie.

Ander Boeremaglede het egter gesê dat die regter hulle reeds gewaarsku het dat hulle baie swaar vonnisse kan verwag want hy wil graag ‘n “voorbeeld” van hulle maak sodat ander Afrikaners dit nie waag om in opstand te kom teen die regering nie.