Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het beslis dat Boeremaglede wat weens hoogverraad gevonnis is, nie hul bates sal terugkry waarop vroeër beslag gelê is nie.
Regter Eben Jordaan het ‘n bevel toegestaan waarin die Boeremag-bates verbeurd verklaar word aan die staat.
Dit sluit skootrekenaars en voertuie in.
Vyf van die lede is opgeskorte vonnisse opgelê en veertien is gevonnis tot tronkstraf van meer as 200 jaar.
