Boeremaglede vandag gevonnis

Regter Eben Jordaan
Regter Eben Jordaan

Die 20 veroordeelde mans in die dekadelange Boeremagverhoor sal vandag weet wat hulle lot gaan wees wanneer regter Eben Jordaan sy vonnisoplegging voortsit.

Die regter het gister sy vonnisoplegging in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria opgeskort, nadat hy eers die getuienis ter versagting en verswaring van vonnis opgesom het.

Die Boeremaglede is reeds skuldig bevind aan hoogverraad nadat hulle beplan het om die regering met geweld omver te werp.

Vyf van hulle staan ook tereg op aanklagte van strafbare manslag. Een van die mans, Lets Pretorius, sê hulle weet nie wat om te verwag nie.

Ander Boeremaglede het egter gesê dat die regter hulle reeds gewaarsku het dat hulle baie swaar vonnisse kan verwag want hy wil graag ‘n “voorbeeld” van hulle maak sodat ander Afrikaners dit nie waag om in opstand te kom teen die regering nie.

29 thoughts on “Boeremaglede vandag gevonnis”

          1. Nie so blond nie. Gaan Google geskiedenis van Suid Afrika en die Boere, en jy kry klomp twak. Die regter se stempel is in bloed gedruk, Afrikaner/Boere bloed. Vir hom wag die Regter! Die “voorbeeld” laat my dink aan ‘n rooi dag in Oktober, toe die media en die slinkses se doel NIE BEREIK WAS NIE!

      1. Ek weet jy kan Google maar vir almal se gerief plaas ek dit hier, dankie aan “Gas” vir die verwysing. Hoe meer dinge verander hoe meer bly hulle dieselfde lyk dit my:

        Die Slagtersnek-rebellie verwys na ‘n boer in die Oos-Kaap, Johannes Bezuidenhout, se kortstondige opstand teen die Britse bewind in die tydperk1815-1816. Dit word ook as een van die redes vir die ontstaan van die Groot Trekbeskou. Die naam Slagtersnek, waar die rebelle gevang is, is ontleen aan die Britse handelaars van Grahamstad wat hier bymekaar gekom het om die boere in die omgewing se slagdiere te koop.

        Op ‘n plaas naby wat vandag as Somerset-Oos bekend is, het Frederik Bezuidenhout ‘n Khoikhoi-werker met die naam van Booi van diefstal verdink en sy loon teruggehou. Booi het Bezuidenhout gaan verkla van aanranding by die landdros op Graaff-Reinet. Bezuidenhout het twee keer geweier om voor die hof te verskyn en hy is in absentia tot een maand gevangenisstraf op 5 Oktober 1815gevonnis. Die Britse regering wou graag hul gesag oor die boere in die verre oosgrens vertoon, en het ‘n mag van 12 Khoi-Khoi soldate, destyds Pandoere genoem, met ‘n blanke offisier op 16 Oktober 1815 na Bezuidenhout se plaas gestuur om hom in hegtenis te neem.

        Bezuidenhout het hom verset en is deur een van die Khoi-Khoi soldate in ‘n skuiling tussen rotse op sy plaas doodgeskiet. Op sy begrafnis het sy broer Johannes Bezuidenhout wraak gesweer en saam met ‘n groep vriende het hy ‘n opstand teen die Britse regering in die Kaap beplan. Hulle wou die Britse regering en die Khoi-Khoi uit die Oos-Kaap verdryf. Hulle het die Xhosa hoofman Gaika (ook Ngqika genoem) vir hulp genader en aangebied dat hy die hele Zuurveld as betaling sou ontvang. Gaika het nie belang gestel nie.

        Hendrik Prinsloo is kort daarna deur ‘n mag van 70, wat 40 Engelse soldate en 30 kommando lede ingesluit het, in hegtenis geneem. Die rebelle het onsuksesvol probeer om hom te ontset en ander boere in die omgewing gevra om by die opstand aan te sluit. Die rebelle het op 18 November 1815 aan die Britse mag by Slagtersnek oorgegee. Johannes Bezuidenhout het hom teen inhegtenisname verset en is ook doodgeskiet. ‘n Paar het verder oos na die Xhosas se land gevlug. Die ander is in hegtenis geneem en voor die hof gedaag.

        32 rebelle is uit die Oos-Kaap verban en ses van die rebelle leiers word op 20 Januarie 1816 ter dood veroordeel op ‘n klag van hoogverraad. Een, Willem Krugel, word later deur die Kaapse goewerneur, lord Charles Somerset, begenadig. Op 9 Maart1816 word Hendrik Frederik Prinsloo, Stephanus Cornelis Bothma, Cornelis Johannes Faber, Theunis Christiaan de Klerk en Abraham Carel Bothma in die openbaar gehang.

        ‘n Groot skare het gesien hoe die luike onder die mans weggehaal word en vier van die vyf galgtoue breek. Omstanders het gesmeek dat die mans begenadig moet word aangesien God die laksman wou teregwys, maar die Engelse offisier het bloot beveel dat die mans weer gehang moes word.

        Die Bezuidenhouts het volkshelde geword en die gebruik van die Hottentot Pandoere om Bezuidenhout te skiet, het haatdraendheid by baie van die boere aan die Oosgrens teenoor die Britse bewind aan die Kaap laat oplaai. Die bitterheid wat hieruit ontstaan het, sou Afrikanernasionalisme aanwakker in die jare voor die Groot Trek.

  1. Vir ‘n plaasmoord kry jy net 20 jaar. Vir verkragting so 5-10 jaar, moet net nie waag om blank te wees en teen die regering wees nie. DIT is die boodskap wat hier uitgestuur word. Die feit dat daar ‘n “voorbeeld” van hulle gemaak wil word maak my bitter. Die feit dat die d-se regeringsmagte ook aandadig was hieraan en die mense die verderf ingely het en niks daarvoor oorkom nie – eerder ‘n klop op die skouer omdat hulle hul eie mense indoen.
    Ek hoop die “regter” kan slaap in die nag en met sy gewete saamleef.

    1. My hart bloei vandag vir hierdie manne. Ek voel diegene wie gaan buig voor die “voorbeeld” en terugstaan, gaan BAIE MINDER wees as die van ons wie ons kuite al stywer en stywer begin trek vir hierdie onreg! Hierdie ja-broers en hul tjommies moet pasop, hier “regte” uitslag gaan moontlik die teenoorgestelde uitwerking hê!

  2. Sterkte aan die Boere! Dit blyk dat die regter reeds bevooroordeeld was in sy voorlopige uitspraak… hy maak ook nie melding daarvan dat die Regering die hele staatsgreep self beplan en uitgevoer het nie… teen hulself! Die regter is ooglopend ‘n lakei van die ANC-gelaaide regstelsel. As hy vandag ‘n pro-Anc regime uitspraak lewer, is hy gewaarborg van ‘n vet pensioen, maar gebrandmerk as Joiner en Boerehater vir die res van sy lewe. Die regter is heeltemaal bewus van die mag van die intelligensiedienste (soos geopenbaar deur die polisieman met ‘n gewete), en sal dus nie die gevaar wil loop om ‘n “verkeerde” uitspraak te lewer nie. Ons moet maar wag en luister, maar ek is nie baie positief nie. Hoop wel dat ‘n paar sonder tronkstraf sal uitloop, veral gesien die 10 jaar reeds in aaanhhouding.

  3. Afrikaners dit nie waag om in opstand te kom teen die regering nie regter Jordaan? Wat is dit anders wanneer die swartes in opstand kom teen die gebrek aan dienste gelewer wanneer daar chaos is? Wat is dit anders wanneer stakers met skerppunt ammunisie op die polisie skiet? Hoekom word die Afrikaners nou as die swart skaap gebrandmerk? En as ons, ons misnoë wys wanneer ons mense verkrag, gemartel en vermoor word?
    Ek bespeur dubbel standaarde hier.

  4. Die uitslag is al vooraf bepaal.Wat het geword van daardie ou wat getuig het oor die afluistery in die tronk wat onwettig was. Gaan hy geroep word om te getuig. Hierdie hele insident was geplant en ongelukkig het hierdie manne in die strik getrap.

  5. Regter Jordaan, indien jy 100% in jou gees oortuig is dat die saak,nie “entrapment” en uitlokkery van die polisie is nie, en indien vrymesselaars gedrag nie by jou te bespeur is nie hoop ek jy slaap rustig.
    Die eintlike skuldiges is die Smith, Watts, Niemoller, Hankal en “Vice” wat voor die regter stoel moet staan in skaamte, dit omdat geld hulle got geword het, geld en aansien.
    Die manier waarmee jy ander oordeel, sal jy eendag geoordeel word en vir daai REGTER kan jy nie geld aanbieed of leuens opdis in n vervalste verklaring nie.
    Volgens julle Liberale propoganda word daar beweer dat baie “bloed sou gevloei” het…. Nee meneer dit het alreeds in 94 begin vloei en hou nie op nie.
    Julle het miljarde van belasating betalers gesteel om julleself op n seepkissie te kon plaas. By die koste beraming, sonder die “cash under the table” het julle vergeet van die lewens wat julle verwoes het, en die wat intussen dood is, hierdie lewens verwoesting kan nie bepaal wordin geld nie.
    Julle gewetes is dood, dit is my gebed dat julle, nes Prinsloo, n gewetensaanval sal beleef en skoon kom voordat dit te laat is.

    Jy mag nie vals getuienis teen jou naaste spreek nie.

    Die WAARHEID sal seevier.

  6. As die berig korrek is wil die regter swaar vonnisse oplê om ‘n “voorbeeld” van hulle te maak. As ek reg verstaan wil hy hulle dus swaarder straf as wat hulle verdien. Is dit gesonde regspleging?

    Bedoel die regter nie eintlik hy wil ‘n voorbeeld van homself maak nie. ‘n Voorbeeld van ‘n Afrikaner regter wat bewys gelewer het dat hy sy kant kan bring in belang van ‘n goeie saak. Waarom dink julle het hulle hom in die eerste plek in hierdie saak gebruik?

    Persoonlik wil ek voortaan net kennis neem van insette en voorstelle wat kan uitloop op selfbeskikking, verkieslik op ‘n eie grondgebied. Daar sal ons ‘n helde akker kan inrig vir hierdie lede van die Boeremag en ander helde wat oënskynlik hulle lewens tevergeefs opgeoffer het.

  7. Die regter vergeet dat die regering vol sit van mense wat die gruwelikste dade teenoor ons gepleeg het toe ons die regering was. Hy regverdig dit aan die hand van die feit dat hulle nie die stemreg gehad het nie. (Sien die berig waarna Betjoie hier onder verwys). Nou het hulle stemreg en hulle pleeg nog steeds gruweldade teen ons. Die regter dreig om die gevangenes swaar strawwe op te lê en hulle tot “voorbeeld” te maak. Dit doen hy ten einde die ANC regering teen toekomstige bedreigings te beskerm en ook om regverdiging te vind vir die feit dat die meeste van die gevanenes (ons broers) reeds tien jaar in aanhouding is sonder dat ‘n vonnis oor hulle gevel is. Hierdie saak en vonnisoplegging moet ‘n waterskeiding en wekroep vir die Afrikaner word. Ons kan nie met die stemreg getroos word nie. Stemreg beteken vir ons niks. Dit verskaf nie aan ons en ons kinders werksgeleentheid nie, dit beskerm nie ons taal en ons liggaam en eiendom teen dade van barbarisme nie. Niks. Ons wil nie in so’n bestel lewe nie. Ons wil nie so’n regering dien nie. Buig of bars.

Maak 'n opvolg-bydrae