Soos opeenvolgende sprinkaanplae wat die land verteer. Die profeet Joël het so na die lot van sy land verwys nadat ‘n korrupte samelewing aan die orde van die dag geword het. Vier sprinkaanswerms het op die land toegesak en alles verteer. Die leier van die Christen-Demokratiese Party het ook dié vergelyking gebruik toe hy die
Suid-Afrikaners gestrand in Mosambiek ná voedselonluste
Honderde Suid-Afrikaners is vasgevang in onluste wat Mosambiek tans teister en hulle is gedwing om hul verblyf in die land te verleng. ‘n Hele aantal hotelle in Maputo sukkel om diegene wat gestrand is te akkommodeer. Verskeie mense is dood toe die polisie op onlusmakers losgebrand het wat betoog oor stygende voedsel-, water- en elektrisiteitspryse
Lees verder: Suid-Afrikaners gestrand in Mosambiek ná voedselonluste
Die omskop van ‘n holgevrete Afrikaans
Afrikaans se grootste bedreiging kom van binne, meen prof. Hans du Plessis, direkteur van die ATKV se skryfskool in Potchefstroom. Du Plessis ontken nie die bedreiging vanuit die geledere van die regering en ANC nie, maar meen dit is veel makliker om ‘n boomstomp om te skop wat van binne holgevreet is. Hy gebruik die
Motornywerheidstaking begin
Lede van die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika (Numsa), wat by vulstasies, werkswinkels en motorhandelaars werk, het vandag begin staak, het ‘n vakbondwoordvoerder gesê. “Niks het verander nie. Die staking gaan voort,” het Numsa se woordvoerder Castro Ngobese aan die Suid-Afrikaanse Persassosiasie gesê. Hy het verklaar dit is onmoontlik om te sê hoeveel lede
Stakers se boodskap aan die ANC-elite
Die huidige stakinglus van die NSA se werkerskorps is besig om ‘n crescendo te bereik, en reeds is daar vele teorieë oor die oorsprong en werklike rede vir die staking. Hierdie staking dreig om ‘n ander kleur en karakter te hê, as vorige jare s’n. Augustus en September is tradisioneel stakingstyd, en dus verwag mens
Hamilton wen in ‘n papnat België
Die Britse en voormalige wêreldkampioen Lewis Hamilton het ‘n papnat Spa ingepalm. Sy spanmaat en huidige kampioen Jensen Button het weens ‘n ongeluk met die Duitser Vetel sy kanse om die titel hierdie jaar weer te wen ‘n knou gegee. Fernando Alonso, wat die afgelope paar wedrenne weer na die ou Alonso gelyk het, het
Gekoring agter die stuurwiel
Die Wes-Kaapse departement van vervoer het pas die kwessie van dronkbestuur, en die probleme wat dit teweeg bring, onder die aandag gebring. Sover vanjaar is 2 000 mense in dié provinsie vir dronkbestuur gearresteer, waarvan 96 die afgelope naweek. Altesaam 296 mense het dié jaar reeds op die provinsie se paaie die lewe gelaat, terwyl
Die vreemde geval Bees Roux
Daar is ‘n groot, groot slang in die gras met die vermeende aanval op die metropolisielid deur die Blou Bul-speler, Bees Roux. Schoemanstraat in Pretoria, vir diegene wat nie weet nie, is ‘n eenrigting van wes na oos weg van die middestad. Roux is op die hoek van Festival- en Schoemanstraat voorgekeer agv beweerde dronkbestuur.
Vrae rondom Bees Roux
‘n Bloubul-rugbyspeler is gister R100 000 borgtog toegestaan deur die Pretoriase distrikshof, nadat hy na bewering ‘n metropolisieman doodgeslaan het. Stephanus Jacobus “Bees” Roux het die naweek in die tronk deurgebring nadat hy Vrydag in hegtenis geneem is ná die moord op die Pretoriase metropolisiebeampte Ntshimane Johannes Mogale, 38. Hy is van plan om onskuldig
Regering verhoog loonaanbod
Suid-Afrika se regering het ‘n nuwe loonaanbod aan stakende staatsamptenare ingedien, het die minister vir staatsdiens en administrasie Richard Baloyi se woordvoerder, vandag gesê. “‘n Konsepkikkingsooreenkoms van 7,5% en R800 [maandelikse] behuisingstoelae is op die tafel,” het Dumisani Nkwamba aan die SAUK-radio gesê. Die regering het sy loonaanbieding aan vakbonde verhoog wat 1 300 000
