Bamboesgordyn vir Uncle San gespan?

China het skaars Japan as die land met die tweede grootste ekonomie ter wêreld ingehaal, of die vraag word gevra wanneer die land agter die bamboesgordyn ook die Amerikaanse ekonomie as die grootste in die wêreld gaan verbysteek. Ekonome het blykbaar min twyfel dat dit net ‘n kwessie van tyd is voor dit gebeur, die

Lees verder: Bamboesgordyn vir Uncle San gespan?

Die Vryheidsideaal van die Afrikaner lê nie in ‘n Teokratiese Model nie

Dit lê in inklusiewe diversiteit, en dit is met groot kommer dat ek die besluite van die Volksvergadering lees soos uitgelig deur Antón Barnard. As die denkrigting in sekere Afrikanergroepe in die rigting van ‘n teokrasie lê, en in die opsig ten doel het om eksklusief te wees teenoor ander vryheidsstrewende Afrikaners, is die vryheidsideaal

Lees verder: Die Vryheidsideaal van die Afrikaner lê nie in ‘n Teokratiese Model nie

Kimberley se ACVV ‘verwaarloos blanke kinders’

Die ACVV, ‘n welsynsorganisasie wat in 1904 met Afrikanergeld begin is, word daarvan beskuldig dat sy kleuterskool op Kimberley spesifiek blanke kinders afskeep. Babas by die kleuterskool se doeke word slegs een keer per dag omgeruil. Volgens een ouer, is “kruisinfeksies aan die orde van die dag en ouers bestee baie geld aan medikasie om

Lees verder: Kimberley se ACVV ‘verwaarloos blanke kinders’

Korrupsie

Laat in die Thabo Mbeki-era het die ANC met ‘n veldtog begin om ‘n saak uit te maak dat dit eintlik die vorige bedeling was wat korrup was. Feitlik niks of niemand nie, van Anglo-American tot die Afrikanerbond, is ontsien nie. Dit het ook die kern uitgemaak van die destydse adjunk-minister van Landbou en Grondsake,

Lees verder: Korrupsie

Ondersteuning vir Afrikaans by Standard Bank gevra

Beste vriende, Ek vra jul ondersteuning in my voortslepende stryd teen Standard Bank om hul Afrikaanse kliënte se taalregte te handhaaf. Die bank is al geruime tyd besig om Afrikaans stelselmatig uit te wis. Al die brosjures in Standard Bank se tak op Montagu is net in Engels, waar dit voorheen tweetalig was. Al die

Lees verder: Ondersteuning vir Afrikaans by Standard Bank gevra

Taalregte en groepregte

Tydens die GRA-herdenking is verskeie uiteenlopende menings oor Afrikaans gelig. Die Kovsie-rektor, prof. Jonathan Jansen, meen die stand van Afrikaans is baie goed, terwyl nog ‘n akademikus, prof. Wannie Carstens, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, meen die debat het teen Afrikaans gedraai, en spesifiek ten opsigte van Maties. Kan al twee reg wees? Die oud-politikus,

Lees verder: Taalregte en groepregte

Die struggle- en Boere-mistiek

Daar is, wat Afrikaners betref, twee belangrike stukke mistiek wat tans in Suid-Afrika rondsweef. Een hiervan is die ANC se Marxistiese struggle-mistiek. Volgens hierdie legende is die struggle ‘n heroïese stryd waartydens goed teen die bose geseëvier het. Die opponent, apartheid (wat in werklikheid kodespraak vir witmense en nog meer spesifiek, die Afrikaner is) was

Lees verder: Die struggle- en Boere-mistiek

Zuma sal Zimverslag aan SAOG voorlê

President Zuma sal dié week by ‘n SAOG-konferensie ‘n verslag voorlê oor die politieke situasie in Zimbabwe, het die Departement van Internasionale Betrekking en Samewerking Maandag gesê. Zuma is tans in Windhoek, Namibië om Maandag die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se konferensie vir staatshoofde en regerings by te woon. “Die inklusiewe regering in Zimbabwe is besig om

Lees verder: Zuma sal Zimverslag aan SAOG voorlê