Myners stroom terug ten spyte van Amcu se nuwe eise

Ten spyte van Amcu se nuwe eise aan platinumprodusente, is werkers reeds besig om terug na die platinummyne te stroom in afwagting op die hervatting van mynbou-aktiwiteite. Die wêreld se voorste drie platinumprodusente, Impala Platinum, Anglo American Platinum en Lonmin, het bevestig dat al hoe meer mense begin terugkeer werk toe ondanks die staking. Die

Lees verder: Myners stroom terug ten spyte van Amcu se nuwe eise

Skaliegasontginning kan waterstelsel vernietig waarsku WWF

Die regering se plan om voort te gaan met skaliegasontginning en meer steenkoolmyne gaan ’n vernietigende uitwerking op Suid-Afrika se watertoevoer hê, sê die Wêreldnatuurfonds (WWF). Die WWF sê kritieke waterproduksie-gebiede en waterstelsels word deur steenkoolmyne bedreig. “Die Karoo word as ’n sensitiewe gebied beskou en daar is onsekerheid oor die aantal negatiewe gevolge wat

Lees verder: Skaliegasontginning kan waterstelsel vernietig waarsku WWF

Boer wat stropers se lyke verbrand na 10 jaar gevonnis

’n Boer wat die lyke van twee stropers verbrand het, is Woensdag tot twee jaar tronkstraf gevonnis. Die 59-jarige Douw de Beer se seun het op 22 April 2004 die twee wilddiewe doodgeskiet nadat hulle op hom losgebrand het. Die saak teen die De Beers het tien jaar gesloer. Regter Winston Msimeki het De Beer

Lees verder: Boer wat stropers se lyke verbrand na 10 jaar gevonnis

TV-stasie wat slapende president wys verbied

Uganda se regering het Woensdag een van die grootste TV-stasies verbied om voorts nuus oor hulle president uit te saai. Dié stap kom nadat beelde van President Yoweri Museveni wat in die parlement sit en slaap, uitgesaai is. “Die president het gewoontes, hy mediteer en hulle weet dit, en steeds gaan wys hulle dat hy

Lees verder: TV-stasie wat slapende president wys verbied

Kieshof bevind teen OVK-voorsitter

Die leier van die United Democratic Front, Bantu Holomisa, sê die Kieshof se aanbeveling dat die OVK se voorsitter, Pansy Tlakula, uit haar amp verwyder word, sal dien as waarskuwing vir ander dat niemand bo die reg verhewe is nie. RSG berig dat die hof teen Tlakula beslis het in haar stryd teen sewe opposisiepartye

Lees verder: Kieshof bevind teen OVK-voorsitter

Straatsmouse in Pretoria met haelgewere uitmekaargejaag

Polisiebeamptes gewapen met haelgewere het ‘n skare straatsmouse in die Pretoria Woensdag uitmekaargejaag. Tshwane-metropolisie en die SA Polisiediens het die betogers van Isivuno House, die munisipale hoofkantoor, verjaag met dreigemente van skerppuntaksie. Winkels en banke is gesluit toe die oproeriges met stokke en klippe in Lilian Ngoyi-straat afbeweeg het. Die straat is afgesper, wat veroorsaak

Lees verder: Straatsmouse in Pretoria met haelgewere uitmekaargejaag

Gebrekkige opleiding kon vliegramp veroorsaak het

Die Burgerlike lugvaartowerheid sê die militêre vliegongeluk in Mpumalanga, waarin drie mense omgekom het, is moontlik veroorsaak gebrekkige vliegopleiding vir spesifieke weerstoestande. Die Cessna-vliegtuig was van Sabi Sabi na Lydenburg onderweg toe dit in die Misty Mountain-gebied neergestort het. Die twee oorlewendes is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. Die weermag sê die ondersoek

Lees verder: Gebrekkige opleiding kon vliegramp veroorsaak het

Motoriste gewaarsku oor oproer noord van Pietersburg

Die N1 tussen Louis Trichardt (Makhado) en Pietersburg (Polokwane) in Limpopo is gesluit nadat oproer in die gebied uitgebreek het. Inwoners by Botlokwa is in opstand oor gebrekkige dienste. ‘n Polisie-woordvoerder, Hangwani Mulaudzi, het motoriste aangeraai om op hul hoede te wees in dié omgewing. Veral taxis en vragmotors wat na Zimbabwe op pad is,

Lees verder: Motoriste gewaarsku oor oproer noord van Pietersburg

Wat is so skokkend aan plan vir skole?

Ek maak beswaar teen die opskrif “LUR se skok-plan vir skole” (Beeld, 16 Junie). Wat op aarde kan “skokkend” wees daaraan om voormalige model-C-skole met inrigtings in minder gegoede woonbuurte saam te smelt en die hoofskappe te transformeer? Na my ervaring gee slegs ’n baie klein persentasie Afrikaners nog om vir ons kultuur, geskiedenis en

Lees verder: Wat is so skokkend aan plan vir skole?

Ebola maai in Wes-Afrika

Sewe mense is in die Liberiese hoofstad, Monrovia aan die Ebola-virus dood, het RSG berig Dit is die eerste sterftes in die stad nadat die hoogs-aansteeklike virus in verskeie Wes-Afrika lande uitgebreek het. Onder die slagoffers is `n verpleegster en vier mense van dieselfde familie. Guinee het die swaarste onder die Ebola-virus deurgeloop met twee-honderd-en-agt

Lees verder: Ebola maai in Wes-Afrika