Nepotisme kos Limpopo R600 miljoen

Munisipaliteite in Limpopo het die afgelope vier jaar R600 miljoen betaal aan staatsamptenare en hul families wat onwettig sake met hulle gedoen het. Opposisiepartye in Limpopo sê die onthulling is skreiend en bygevoeg dat die geld gebruik kon word om ’n beter lewe vir mense te skep. Pres. Jacob Zuma het verlede jaar ’n wet

Lees verder: Nepotisme kos Limpopo R600 miljoen

Prins wil glo renosters in Namibië kom oppas

Kensington-paleis in Londen wou nie berigte in Brittanje en Namibië, dat prins Harry binnekort Namibië gaan besoek, bevestig of ontken nie. Volgens verskeie berigte sal prins Harry ’n deel van sy besoek van drie maande in Afrika toewy aan pogings om die bedreigde swartrenoster te help red. Die adjunk-kommunikasiebestuurder van Kensington-paleis, Nick Loughran. Die 30-jarige

Lees verder: Prins wil glo renosters in Namibië kom oppas

Sewende Vigs-konferensie in Durban gehou

Die sewende Suid-Afrikaanse Vigs-konferensie het in Durban geopen met hernude beroepe vir vennootskappe in die stryd teen MIV/Vigs, het RSG berig. Wetenskaplikes, aktiviste en regeringsverteenwoordigers vergader die week om Vigs in Suid-Afrika te bespreek, en om strategië vir die toekoms te bepaal. Suid-Afrika huisves sowat 18 persent van die wêreld se MIV-positiewe bevolking. Die voorsitter

Lees verder: Sewende Vigs-konferensie in Durban gehou

BRICS kan G7 binnekort inhaal

Die BBP van die BRICS-lande kan dié van die G7 binne twee of drie jaar oortref, het die Doema se hoof van Buitelandse Betrekkinge, Aleksei Pusjkof gesê. “In 2014, het die totale bruto binnelandse produk van BRICS-lande 30 persent bereik [van die BBP van die wêreld]. Dit is minder as dié van die G7, maar

Lees verder: BRICS kan G7 binnekort inhaal

Vavi voorspel nuwe vakbondfederasie vir SA

Die voormalige hoofsekretaris van Cosatu, Zwelenzima Vavi het ‘n nuwe vakbondfederasie vir Suid-Afrika voorspel. Cosatu het die hofbeslissing verwelkom dat die metaalwerkersvakbond, Numsa nie aan die federasie se spesiale nasionale kongres aanstaande maand kan deelneem nie. Vavi het met die media gepraat nadat Numsa se dringende aansoek om deel te neem aan Cosatu se spesiale

Lees verder: Vavi voorspel nuwe vakbondfederasie vir SA

Geheimediens skuif kameras na bomdreigement

‘n Bomdreigement by die Amerikaanse Withuis het veroorsaak dat ‘n mediakonferensie skielik onderbreek is. ‘n Agent van die Geheimediens het ingekom en almal opdrag gegee om die vertrek te ontruim. Sekuriteitspersoneel en snuffelhonde het die vertrek gefynkam en joernaliste is 20 minute later weer toegelaat sodat die sessie kon hervat. Die voorval het in die

Lees verder: Geheimediens skuif kameras na bomdreigement

Koerdiese minderheid wen groot in Turkse verkiesing

Meer as 50 miljoen Turkse burgers het teen die regering van president Tayyip Erdogan in die nasionale verkiesing gestem. Die regerende AKP-party het sowat 10% steun verloor, wat veroorsaak het dat hulle hul parlementêre meerderheid verloor het. Baie Turke het in die pasafgelope stemmery as ‘n waterskeidingsverkiesing vir dié land se nasionale politiek beskou. Een

Lees verder: Koerdiese minderheid wen groot in Turkse verkiesing

Inkomstediens gaan voormalige woordvoerder vervolg

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gaan sy voormalige woordvoerder, Adrian Lackay strafregtelik laat vervolg. Die SAID sê hy gaan Lackay ook vir twaalf miljoen rand dagvaar, het RSG berig. Dit volg nadat Lackay vroeër vanjaar ‘n brief aan die parlement gestuur het waarin hy beweer dat die kommissaris van die SAID, Tom Moyane hom opdrag gegee het

Lees verder: Inkomstediens gaan voormalige woordvoerder vervolg

Rupert sê gaping tussen ryk en arm sal tot afguns, haat lei

Johann Rupert, een van Suid-Afrika se miljardêrs, sê die gaping tussen ryk en arm is besig om te vergroot en dit sal uiteindelik lei tot “afguns, haat en klassekonflik”. Hy het rykes gemaan om bewus te wees van die komende probleem wat deur rekenaars en robotte versnel sal word. Lees verder.

Lees verder: Rupert sê gaping tussen ryk en arm sal tot afguns, haat lei

Liedjie oor tas vol drank gee aanstoot

’n Zambiese musikant is in hegtenis geneem oor ‘n liedjie wat hy geskryf het en waarin die spot gedryf word met dié land se president Edgar Lungu. Die 31-jarige Chama Fumba is in Lusaka gearresteer omdat hy pres. Lungu daarvan beskuldig het dat hy te veel drink en onbekwaam vir sy pos is. Fumba, ook

Lees verder: Liedjie oor tas vol drank gee aanstoot