‘n Wildboer van Limpopo is vir agt jaar gevonnis vir sy betrokkenheid in renosterstropery, is Woensdag berig. Jaques Els, (39) van Thabazimbi, is ook deur die Makhado-landdroshof Maandag beveel om die Groen Skerpioene R1 miljoen te betaal , het Beeld berig. Els is intussen op borgtog van R300 000 vrygelaat, in afwagting van sy voorneme
Myn buig voor swart ‘verinheemsing’
Zimbabwe se grootste platinum-produsent, Impala Platinum, sê hulle het ‘n “aanvaarbare” ooreenkoms met die regering bereik en sal ‘n meerderheidsaandeel aan plaaslike swart beleggers oordra om hulle ‘n 51%-aandeel in eienaarskap te gee. Volgens RSG is die transaksie R2 miljard werd. In ‘n verklaring Dinsdag van Suid-Afrika se Implats, sê hulle die regering het ingestem
Onderwysadministrateur glo baasbrein agter plaasmoord
Beeld berig dat ‘n swart administrateur by die departement van onderwys glo die baasbrein agter ‘n onlangse plaasmoord is. Die rooftog en moord op mnr. Dries du Toit in Januarie op sy plaas naby Ventersdorp is haarfyn beplan deur Joseph Lekene (47), eers onderwyser en voormalige skoolhoof. Hy het dié bewerings Dinsdag tydens sy borgtogverhoor
Lees verder: Onderwysadministrateur glo baasbrein agter plaasmoord
Vier verskyn na jongste Gautreinbusaanval
Vier mans en ‘n vrou wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n Gautreinbusbestuurder gewond het, sal na verwagting Woensdag in die Pretoriase landdroshof verskyn. Die vyf, tussen die ouderdomme van 22 en 49, het na bewering die man Maandagoggend in Rooihuiskraal tydens ‘n oefenlopie van die busroetes in Centurion geskiet en gewond. Hulle staar aanklagte
China ontdek wyn
China het Brittanje verbygesteek om die wêreld se vyfde grootste verbruiker van wyn te word, volgens ‘n opname. Mense in China, Hong Kong, het 156 miljoen kiste wyn (12 bottels) in 2010 gekoop, ‘n 33,4%-verhoging van die vorige jaar, het die jaarlikse studie deur die Internasionale Wyn-en Spiritusraad bevind. Wynverbruik het met 140 persent in
Nog ‘n Stellenbosse akademikus trap klei oor apartheid
Nog ‘n Stellenbosse akademikus het kniediep in die slaggate van die politiek getrap toe hy beweer het dat ‘n mens apartheid goedpraat as jy evolusie verwerp. Prof Jurie van den Heever, bekende paleontoloog van US en gereelde deelnemer aan RSG se radioprogram Hoe Verklaar Jy Dit, het in reaksie op ‘n nuusberig oor skole wat
Lees verder: Nog ‘n Stellenbosse akademikus trap klei oor apartheid
Druk laai op vir Vavi in NUK
Druk laai op vir Cosatubaas, Zwelinzima Vavi om President Jacob Zuma se versoek te heroorweeg dat hy ‘n posisie op die ANC se magtige nasionale uitvoerende komitee (NUK) aanvaar. Cedric Gina, president van die National Union of Metalworkers, het gister gesê dat Zuma se aanbod oorweeg moet word. Hy het by Numsa se streeks-elektiewe konferensie
Biologiese manipulasie ons voorland?
Van middels om jou te help om vleis te haat na geneties gemanipuleerde kat-oë om die behoefte aan beligting te verminder. Dit is maar ‘n paar van die aanvegbare oplossings wat ‘n Chinees-Amerikaanse professor voorhou as maniere om klimaatsverandering te verminder. S. Matthew Liao, is ‘n professor in filosofie en bio-etiek aan die Universiteit van
Ekonoom se dood ‘n verlies sê ANC
Tony Twine, die ekonoom, se dood is ‘n verlies vir Suid-Afrika, het die ANC Maandag gesê. “Inderdaad, Suid-Afrika en die wêreld het ‘n humanis van weleer verloor. Sy doelwit was om seker te maak dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in staat is om werk te skep, een van die sleutel-prioriteite van die ANC-regering,” het die ANC
Vrou deur oproerige skare vertrap
‘n Swart vrou is dood tydens ‘n stormloop van oproeriges in Fouriesburg, naby die Lesotho-grens, Maandagaand, het paramedici gesê. Die vrou was glo deel van ‘n groot skare wat verskeie winkels wat besit word deur buitelanders in die Oos-Vrystaatse dorpie geplunder het, het Netcare se 911-woordvoerder Jeffrey Wicks in ‘n verklaring gesê. Die vrou het
