‘n Swart vrou is dood tydens ‘n stormloop van oproeriges in Fouriesburg, naby die Lesotho-grens, Maandagaand, het paramedici gesê.
Die vrou was glo deel van ‘n groot skare wat verskeie winkels wat besit word deur buitelanders in die Oos-Vrystaatse dorpie geplunder het, het Netcare se 911-woordvoerder Jeffrey Wicks in ‘n verklaring gesê.
Die vrou het glo haar balans verloor en is deur die skare vertrap.
Sy het gesterf voordat paramedici op die toneel aangekom het, het Wicks gesê.
Die polisie was nie in staat om onmiddellik te bevestig dat die vrou dood is of om besonderhede van die oproer en vertrapping te gee nie.
