Ekonoom se dood ‘n verlies sê ANC

Tony Twine, die ekonoom, se dood is ‘n verlies vir Suid-Afrika, het die ANC Maandag gesê.

“Inderdaad, Suid-Afrika en die wêreld het ‘n humanis van weleer verloor. Sy doelwit was om seker te maak dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in staat is om werk te skep, een van die sleutel-prioriteite van die ANC-regering,” het die ANC se woordvoerder Jackson Mthembu in ‘n verklaring gesê.

Twine, 57, is Sondag in die Milpark-hospitaal oorlede, na ‘n hart-aanval verlede week.

Hy was ‘n ekonoom en direkteur van Econometrix.

“In post-apartheid Suid-Afrika, was Tony een van die ekonomiese adviseurs na aan president Nelson Mandela en die eerste demokratiese regering van Suid-Afrika,” het Mthembu gesê.

Die ANC is hartseer om te verneem van Twine se dood en het sy meegevoel aan sy vrou, Marilyn, familie en vriende oorgedra.

Vroeër het die minister van finansies Pravin Gordhan gesê Twine se insette in die post-apartheid ekonomiese debat sal gemis word.

“Mnr. Twine het ‘n waardevolle bydrae tot die ontwikkeling van beleid in verskeie staatsdepartemente gelewer en was deel van ‘n span wat Suid-Afrika se energie-beleid opgestel het,” het Gordhan in ‘n verklaring gesê.

“Die Nasionale Tesourie het sy insig oor kwessies soos internasionale graderingsagentskappe, die motor-industrie, petroleummarkte en verskillende aspekte van litigasie en die kompetisiewet waardeer,” het Gordhan gesê.

“As ‘n vooraanstaande navorser en senior ekonoom by Econometrix, het sy wyd-gepubliseerde menings in die internasionale media beleggers gehelp om positiewe standpunte oor Suid-Afrika te vorm.”

Twee weke gelede het Twine ‘n verslag oor die positiewe ekonomiese implikasies van die voorgestelde Karoo skaliegaseksplorasie, in opdrag van Shell, vrygestel.

Twine het van Pinelands Hoërskool gematrikuleer en aan die Universiteit van Kaapstad gegradueer, volgens die ekonoom se webwerf.

Hy het ook studeer aan die Universiteit van Suid-Afrika, terwyl hy uitgebreide werk vir Mobil Oil Suider-Afrika gedoen het op aanvraagmodelle vir petrol en diesel.

депутат лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae