Vier mans en ‘n vrou wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n Gautreinbusbestuurder gewond het, sal na verwagting Woensdag in die Pretoriase landdroshof verskyn.
Die vyf, tussen die ouderdomme van 22 en 49, het na bewering die man Maandagoggend in Rooihuiskraal tydens ‘n oefenlopie van die busroetes in Centurion geskiet en gewond.
Hulle staar aanklagte van kwaadwillige beskadiging van eiendom en poging tot moord in die gesig.
Dinsdag, het die Bombela Concession-maatskappy se woordvoerder, Kelebogile Machaka gesê die bestuurder is in ‘n Centurionhospitaal opgeneem en herstel nadat hy ‘n operasie ondergaan het.
“Ons voel dat die Gautrein-busdiens onder volgehoue misdadige aanvalle gebuk gaan en as ‘n privaatsektorentiteit kan ons nie meer doen sonder die sterk en besliste ingryping van die staat nie,” het sy gesê.
