Myn buig voor swart ‘verinheemsing’

Zimbabwe se grootste platinum-produsent, Impala Platinum, sê hulle het ‘n “aanvaarbare” ooreenkoms met die regering bereik en sal ‘n meerderheidsaandeel aan plaaslike swart beleggers oordra om hulle ‘n 51%-aandeel in eienaarskap te gee.

Volgens RSG is die transaksie R2 miljard werd.

In ‘n verklaring Dinsdag van Suid-Afrika se Implats, sê hulle die regering het ingestem “in beginsel” tot sy voorstelle vir die oordrag wat deur ‘n gesamentlike tegniese span van kundiges van beide kante behartig sal word.

By die oorhandiging sal ‘n “geskikte waarde” bepaal word. Dit is nie duidelik hoe lank die oordrag sal neem nie.

Dié aankondiging het ‘n einde gebring aan gespanne onderhandelinge oor Zimbabwe se oornames van buitelandse maatskappye en myne.

Dinsdag was die sperdatum vir die mynmaatskappy om te voldoen aan die nuwe “verinheemsingswette”. By versuim sou Implats sy bates in Zimbabwe verloor het.

Фильчаков Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae