Druk laai op vir Vavi in NUK

Druk laai op vir Cosatubaas, Zwelinzima Vavi om President Jacob Zuma se versoek te heroorweeg dat hy ‘n posisie op die ANC se magtige nasionale uitvoerende komitee (NUK) aanvaar.

Cedric Gina, president van die National Union of Metalworkers, het gister gesê dat Zuma se aanbod oorweeg moet word.

Hy het by Numsa se streeks-elektiewe konferensie in Pretoria gesê Zuma se uitnodiging en Vavi se verwerping sal bespreek word by die komende vergadering van Cosatu se sentrale komitee se politieke kommissie.

“Om te sê dat jy nie jouself beskikbaar kan stel vir die nasionale uitvoerende komitee nie, as jy ‘n lid van die ANC is, is nie ‘n manier om te reageer [op Zuma se uitnodiging] nie,” het hy gesê.

“Tweedens, [vir Vavi] om te sê dat kamerade verwar sal word, is nie korrek nie. Ons dink nie dat lede van Cosatu verwar sal word nie.”

Zuma het onlangs gesê die werkersklas moet streef daarna om die uitvoerende posisies in die ANC te bekom om beleid te beïnvloed.

Vavi het gereageer deur ‘n week gelede aan joernaliste te sê dat vakbondleiers soos hy moet nie ‘n uitvoerende posisie in die ANC beklee nie, want dit sal werkers verwar.

Sy alliansie-vennoot in die SA Kommunistiese Party, Blade Nzimande, is aangesê om as ‘n minister uit Zuma se regering te bedank en te fokus op SAKP-werk.

Nzimande het die oproep afgewys.

Gina het ‘n striemende aanval op die voormalige president, FW de Klerk, vir sy kommentaar en kritiek op die ANC se voorneme om veranderinge aan die grondwet te maak, geloods.

“Ons sien dat hy [De Klerk] opgestaan het uit die vergetelheid, die duisternis van die dode, in die onlangse verlede, as gevolg van die vrystelling van die ANC-beleidsdokumente.

“Ons dink die ANC as die regerende party het die reg om met die Grondwet te peuter, want na 18 jaar het die ANC besef daar is ‘n paar dinge [wat jy nie kan implementeer nie] in daardie grondwet.

“Ons dink mnr FW de Klerk moet ontspan. Ons glo dit is die grondwet wat die hande van die ANC vasbind in terme van die revolusionêre dinge wat ons moet doen vir ons mense.

“Of De Klerk daarvan hou [of nie], of Helen Zille daarvan hou of nie, ons dink die ANC moet die grondwet [hersien], sodat ons in staat kan wees om sommige van die dinge te lewer wat ons sukkel om te lewer aan ons mense,” sê Gina.

Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae