Bafana pos hul afrigter

Daar is slegs 235 dae voordat die Wêreldbekersokkertoernooi afskop, en Suid-Afrika se sokkerspan sit sonder ‘n afrigter. Die Brasiliaan Joel Santana het die trekpas gekry vir Bafana Bafana se ellendige vertonings waarin hulle agt van hul laaste nege wedstryde verloor het. Die hulpafrigters Jairo Leal en Pitso Mosimane dien tans as waarnemende afrigters. Ten spyte

Lees verder: Bafana pos hul afrigter

Reitzklag nie laat vaar, sê Jansen

Die klagtes teen vier studente van die Universiteit van die Vrystaat oor ‘n rassistiese video-opname is nie teruggetrek nie, het Jonathan Jansen, die universiteit se rektor, Maandag gesê. “Dit moet duidelik gemaak word,” het hy in ‘n nagverklaring gesê. “Drie prosesse is onderweg en hulle moenie verwar word nie.” Volgens hom staan die klagtes deur

Lees verder: Reitzklag nie laat vaar, sê Jansen

Paarl Media nie aandadig aan brand

Die brand by ‘n maatskappy wat die boeke-aanleg in April in die Paarl verswelg het en die dood van 11 werkers veroorsaak het was deur ‘n diepbraaier in ‘n kombuis veroorsaak, het Paarl Media Maandag gesê. “Die mees waarskynlike oorsaak van die brand blyk om kookolie te wees wat in die kafeteria aan die brand

Lees verder: Paarl Media nie aandadig aan brand

Button nuwe F1-wêreldkampioen!

Die Britse renjaer Jenson Button het uiteindelik ná amper 10 jaar se probeerslae die bestuurderswêreldtitel ingepalm. Die Brasiliaanse formule-eenwedren het sommer van die tweede rondte af vonke laat spat. Rubens Barichello het van die voorpunt af weggespring en mooi uit die moeilikheid uit gebly tot amper aan die einde. Nie net het hy met spoed

Lees verder: Button nuwe F1-wêreldkampioen!

Maagpolitiek van ons opperpandoer

Enigeen wat gedink het dat die ANC anders as ander Afrikapolitici gaan optree as dit by die vermorsing van staatsgeld op persoonlike uitgawes kom, moet weer dink. Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, wat weens Suid-Afrika se hemelhoë misdaadsyfer een van die belangrikste portefeuljes beklee, bestee wild geld in luuksehotelle asof die staatskas aan hom

Lees verder: Maagpolitiek van ons opperpandoer

Polisieminister mors R578 000 in hotel uit

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, het nog ‘n geweldige hoë hotelrekening laat oplui, dié keer vir meer as R570 000 in Durban, het die Sunday Independent gister berig. Tussen 19 Desember en 25 April, het Mthethwa by tye in die vyfster-Hiltonhotel saam met lede van sy BBP-beskermingseenheid teen ‘n koste van R578 499 tuisgegaan.

Lees verder: Polisieminister mors R578 000 in hotel uit

Vredesregter weier gemengde paar

‘n Wit vredesregter in die Amerikaanse deelstaat Louisiana sê hy het geweier om ‘n huwelikslisensie aan ‘n gemengde paartjie uit te reik omdat hy bekommerd was dat hulle kinders sou hê. Keith Bardwell, vredesregter in die Tangipahoa Parish, sê uit sy ervaring weet hy huwelike tussen verskillende rasse hou nie baie lank nie. “Ek is

Lees verder: Vredesregter weier gemengde paar

Khama wen in Botswana

Botswana se regerende party het Sondag ‘n oortuigende oorwinning behaal. President Ian Khama sal dus die volgende vyf jaar steeds aan bewind bly ten spyte van ekonomiese ellende in die wêreld se grootste diamantprodusent. Khama het die presidentskap behou toe sy Botswana Democratic Party, BDP, 45 van die 57 kiesafdelings gewen het terwyl die hoofopposisie

Lees verder: Khama wen in Botswana