Trou is nie perdekoop

Watter persoon sal ‘n koei koop as jy in elk geval die melk verniet kan kry?

Bogenoemde argument mag miskien op ‘n gruwelike vereenvoudiging van saamblyverhoudings neerkom, maar dit is nie erger as om die huwelik gelyk te stel aan ‘n “tjap in ‘n ID boek” nie soos Tim du Plessis in Beeld skryf of om dit te reduseer tot dít wat te vinde is tussen mense wat wél trou teenoor mekaar beloof het, maar nié binne die reëls en waardes van daardie belofte handel nie.

Dit is vir my opvallend dat die huidige debat rondom die meriete van saambly teenoor trou wat hoofsaaklik in die media woed, nie die redes toets wat grondliggend is tot die besluit om saam te bly eerder as om te trou nie.

In my ervaring is die redes om maar net saam te woon meestal in eiebelang, selfs vrekkigheid, gewortel. Dit is om jou opsies oop te kan hou, sou daar dalk ‘n beter proposisie jou pad mag kruis, of om jou “bates te beskerm.” Dit is om soos ‘n wafferse Zimbabwiese “oorlogsveteraan” (wat nie eens oud genoeg is om deel te gehad het in Zanu-PF se bevrydingstryd nie) op ‘n weelderige plaas aanspraak te maak, dit selfs te neem, sonder om daarvoor te wil betaal.

In ‘n land waar dit die norm geword het om te neem wat jy nie verdien nie, is dit sekerlik ook aanvaarbaar om die vrugte van ‘n huwelik te wil neem, sonder om die belofte te betaal wat dit veronderstel is om as teenprestasie te vra.

Grondliggend tot die denke wat hierdie diefstal van die vrugte van die huwelik aanvaarbaar maak, is die relativering van die instelling van die huwelik. In die dae wat die huwelik nog die bastion van gesinslewe gevorm het, het ewige trou ook ewige toewyding gevra, geestelik en materieel. Onder andere is die materiële toewyding ondergrawe deur troues buite gemeenskap van goed te skep. Vandag word die ondergrawing van die geestelike bepleit deur die belofte uit te haal. Die finale spyker in die kis wat die waardigheid van die huwelik ontneem, is om dit te beperk tot “’n tjap in ‘n ID boek.”

Die ironie van dit alles, is dat wetgewing sodanig verander het dat wanneer jy die melk geneem het, jy nog steeds vir die koei sal moet betaal, selfs al glo jy die teendeel, want dit ken vandag dieselfde regte en verpligtinge onderling toe aan persone wat in ‘n saamblyverhouding is, as aan mense wat trou. Al wat jy dus in werklikheid kan spaar deur nie te trou nie, is die belofte tot getrouheid voor getuies. Al wat dit jou maak, sou jy hierdie keuse neem, is ‘n lafaard.

 

полиграфДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Vredesregter weier gemengde paar

‘n Wit vredesregter in die Amerikaanse deelstaat Louisiana sê hy het geweier om ‘n huwelikslisensie aan ‘n gemengde paartjie uit te reik omdat hy bekommerd was dat hulle kinders sou hê.

Keith Bardwell, vredesregter in die Tangipahoa Parish, sê uit sy ervaring weet hy huwelike tussen verskillende rasse hou nie baie lank nie.

“Ek is nie ‘n rassis nie. Ek glo net nie dat rasse op só ‘n manier moet meng nie,” het Bardwell Donderdag aan Associated Press gesê. “Ek het hope en hope swart vriende. Hulle kom na my huis, ek trou hulle, hulle gebruik my badkamer. Ek behandel hulle net soos enige ander mens.”

Bardwell sê hy vra almal wat skakel oor trou of hulle ‘n gemengde paartjie is. As hulle is, trou hy hulle nie, sê hy.

Hy sê hy gesels met wit en swart mense oor die onderwerp nadat hy al baie sulke gemengde huwelike gevolg het. Hy het tot die gevolgtrekking gekom dat mense in die swart gemeenskap nie geredelik bruin kinders van gemengde ouerpare aanvaar nie en wittes ook nie.

“Daar is ‘n probleem met albei groepe in die aanvaarding van ‘n kind uit só ‘n huwelik,” het hy gesê. “Ek dink daardie kinders ly daaronder en ek gaan nie help om hulle daardeur te sit nie.”

As hy dit vir een paartjie doen moet hy dit vir almal doen, glo hy. “Ek probeer om almal gelyk te behandel.”

Een so ‘n paartjie, Beth Humphrey, 30, Terence McKay, 32, sê hulle gaan die Amerikaanse departement van justisie nader om ‘n klag van diskriminasie aanhangig te maak. Humphrey is wit en McKay swart.

Humphrey het Bardwell in Oktober geskakel vir ‘n huwelikslisensie en Bardwell se vrou het haar meegedeel dat haar man nie lisensies vir gemengde paartjies teken nie.

Humphrey het gesê sy was geskok. Hulle sien uit daarna om kinders te hê, soos alle jong paartjies, het sy gesê.

‘n Regsadviseur vir die American Civil Liberties Union van Louisiana, Katie Schwartzmann, sê ‘n hoërhofuitspraak van 1967 “verbied die regering om mense te vertel wie om mee te trou en wie nie”.

Die ACLU het ‘n brief aan Louisiana Geregtelike komitee, die beheerligaam vir vredesregters, gestuur en hulle gevra “om die mees verreikende sanksies denkbaar” aan Bardwell op te lê, “want sulke openlike rassevooroordeel bedreig en skend die administrasie van die reg op die ernstigste manier”.

“Hy weet hy verontagsaam die wet,” het Schwartzmann gesê.

Die lisensie-aansoek moet drie dae voor die troue ingehandig word omdat daar ‘n wagtyd van 72-uur is. Die aansoekers moet bewys dat hulle nie reeds getroud is nie.

Bardwell sê in sy 34 jaar as vredesregter het hy nog nooit einige mens sleg behandel nie. “Ek het nie vir hierdie paartjie gesê hulle mag nie trou nie. Ek het net gesê ek sal hulle nie trou nie.”

 

барби лялькиФильчаков Александр Васильевич