Nederland: gevang tussen domheid en skynheiligheid

ImageDie mediaberigte oor die onluste in die Utrechtse volksbuurt Ondiep het wyd uitgekring oor die wêreld. Een van die buurtbewoners vertel herhaaldelik op die Nederlandse nuus dat daar “haat en nyd” tussen “ons” en “hulle” is. Die hele episode was gemasker agter sokkerondersteuners wat onluste veroorsaak, en die kwessie van etnisiteit was behoorlik weggesteek agter hierdie opvatting. Om die waarheid te sê het ek eers op die Praag webblad verneem dat die insident ’n sterk etniese lading gehad het. ’n Mens kan stel dat ek ook vasgevang was in die web van halwe waarhede wat die media geweef het oor die situasie, selfs al was ek in Utrecht ten tye van die opstande gewees verlede week. Daar het ek geen teken van onluste gesien nie, hoewel ek weliswaar in die stadsentrum was en nie in die wyke nie.

Lees verder: Nederland: gevang tussen domheid en skynheiligheid

Meer SA soldate na Afrika

Die Suid-Afrikaanse kabinet het op 20 Maart besluit om meer weermaglede na konflikareas in Afrika te stuur.

750 Soldate sal onder die vaandel van die Afrika-unie (AU) in Soedan ontplooi word, terwyl 1 264 troepe na die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) gestuur sal word om in die Verenigde Nasies (VN) se Monuc-vredesmag te dien. Tien soldate sal die VN en AU in Ethiopië en Eritrea gaan bystaan. Die kontrakte van 22 Suid-Afrikaanse weermaglede wat tans help met opleiding in die DRK, sal met ‘n jaar verleng word

Lees verder: Meer SA soldate na Afrika

Kosovo onafhanklik?

In ’n alleenberig in die Franse koerant Le Monde gister het Martti Ahtisaari, onderhandelaar van die VN oor die status van Kosovo, nadat hy 14 maande lank die woord “onafhanklikheid” by elke moontlike geleentheid vermy het, in sy finale verslag – wat aan die koerant gelek is – gesê dat “onafhanklikheid van internasionale toesig die enigste gangbare opsie” in dié land is.

Kosovo is sedert 1999 onder VN-administrasie geplaas ná die lugaanvalveldtog deur NAVO wat die onttrekking van Serwiese troepe genoodsaak het. In 2005 het die land se parlement, met sy Albanese meerderheid van 90%, ’n resolusie aanvaar vir die skepping van ’n onafhanklike staat en in dieselfde jaar die Finse VN-onderhandelaar verwelkom.

Lees verder: Kosovo onafhanklik?

Mbeki se k*ff*r-brief: voorspel tot bloedige revolusie?

Ek kan my nie met Mbeki se gedrag, motivering en denkwyse vereenselwig nie. Daar is ook niks daarmee fout as julle dit ook nie doen nie; verkondig hulle nie elke dag aan ons dit is ’n demokrasie nie?

Wat duidelik blyk uit Mbeki se brief van 16 Maart 2007 is die volgende.

Mbeki en daarmee saam die ANC het rassehaat tot ’n nuwe dimensie gevoer. Hy versuim om in sy verduidelikings te verwys na die rassisme wat in die werksomgewing, woonomgewing en godsdiensomgewing waana hy in sy aanhaling verwys, deur ’n klein verwerpte deel van die blanke gemeenskap gepleeg word. Alle blankes word oor dieselfde rassistiese kam geskeer. Ja, ook dié wat die prys betaal vir sy transformasiebeleid wat gelei het tot omgekeerde rassisme, asook diegene wat elke dag met hulle harde onbaatsugtige liefdadigheidswerk teenoor die sogenaamde agtergeblewenes voortgaan, ja alle blankes.

Lees verder: Mbeki se k*ff*r-brief: voorspel tot bloedige revolusie?

Blanke Hollanders in rasse-onluste

Image

Onluspolisie in Utrecht

Rasse-onluste het verlede week in Ondiep, ’n stadswyk van Utrecht, uitgebreek toe ’n Nederlander, Rinie Mulder, deur ’n Marokkaanse polisievrou doodgeskiet is. Volgens ooggetuies was Mulder besig om ’n swanger blanke vrou teen molestering deur Marokkaanse jeugdiges te probeer beskerm, met ’n mes in sy hand wat hy by een van hulle afgevat het, toe die polisievrou goedsmoeds op hom losgebrand het.

Agterna het blanke Nederlanders in die buurt, tesame met ondersteuners van buite, onluste begin pleeg. Meesal jong Nederlanders, aangevul deur ondersteuners van die plaaslike sokkerklub, FC Utrecht, het verlede Maandagaand ’n spoor van verwoesting in Ondiep gelaat.

Lees verder: Blanke Hollanders in rasse-onluste

Skote weerklink in Kinshasa

Image

VN-soldate in Kinshasa

Die huis van Jean-Pierre Bemba, voormalige vise-president, rebelleleier en verslane kandidaat in die onlangse verkiesings in die Demokratiese Republiek van die Kongo, word tans omsingel deur weermagsoldate, asook tenks van die VN.

Spanning het Dinsdag opgelaai nadat skote om 10-uur die oggend uit die noorde van Kinshasa in die Gombe-woonbuurt weerklink het. Niemand is seker wat die oorsprong van die geweervuur was nie.

Lees verder: Skote weerklink in Kinshasa

Vakansie met ‘n verskil

’n Groep Nederlandse en Suid-Afrikaanse kunstenaars het met ’n nuwe plan na vore gekom om geld uit toeriste se nuuskierigheid te maak. Besoekers kan voortaan in die middestad van Johannesburg uitkamp. Die projek staan bekend as “Cascoland” en gee aan toeriste die kans om kennis te maak met Johannesburg se misdaad en onwettige immigrante.

Die ambisieuse organiseerders beoog om met hulle projek misdaad te bekamp en “grense” tussen ryk en arm af te breek. Vir die skamele bedrag van R25 kan gaste in tente slaap, op die dak van ’n ou militêre kaserne. Oorpluisies word uitgedeel om te keer dat geweerskote, Kongolese diskomusiek en ander straatgeluide die besoekers in hulle slaap steur. Soggens word ontbyt in die tente bedien en gaste kan dan, vergesel van gidse wat hulle teen aanvallers beskerm, die buurt verken.

Lees verder: Vakansie met ‘n verskil

VS-ambassadeur stap uit vergadering met Zim-regering

Image

Christopher Dell

Die Verenigde State se ambassadeur in Zimbabwe het gister uit ’n vergadering met daardie land se buitelandse minister gestap nadat dié gewelddadige optrede teen opposisielede probeer regverdig het, luidens ’n verklaring van die Amerikaanse departement van Buitelandse Sake.

Ambassadeur Christopher Dell is tesame met ander Westerse gesante na ’n vergadering met Simbarashe Mumbengegwi, buitelandse minister van Zimbabwe, ontbied wat diplomate gewaarsku het om “stil te bly” oor die opposisie-onderdrukking of uitsetting in die gesig te staar, aldus Sean McCormack van die Amerikaanse buitelandsesakedepartement. Dell het “om die versekering gevra dat die diplomate die geleentheid gegun sou word om te reageer,” lui die verklaring.

Lees verder: VS-ambassadeur stap uit vergadering met Zim-regering

Die Weste se vernedering in Irak?

Image“’n Wet van Mede en Perse” sê ons steeds as daar na ’n absolute wet verwys word.  Waar kom die gesegde vandaan, en hoekom is dit steeds deel van ons taal?  En waarom verwys die gesegde na die Perse, wat die beskaafde wêreld meer as twee duisend jaar gelede oorheers het?

Die Persiese Ryk se oorsprong in ongeveer 650 v.C. is te vinde in die gebied wat vandag as Iran bekend staan.  Die Empaaier groei vinnig en bereik sy hoogtepunt tussen 550 v.C. en 400 v.C.; dit oorheers die Midde-Ooste, Klein Asië, die Kaukasiese hinterland en Wes-Asië.  So invloedryk word die Mede en Perse dat hulle ’n belangrike rol in die Ou Testament speel. Die naam “Darius” in die Bybel verwys na verskeie Persiese Keisers, en Daniël word waarskynlik deur die Persiese Keiser Cyrus in die leeukuil gegooi.

Lees verder: Die Weste se vernedering in Irak?

Suid-Afrika het ‘n mal plek geword

Sedert ons eerste sogenaamde demokratiese verkiesing in 1994 het baie dinge in ons land radikaal verander. Alhoewel alles heel moontlik nie net negatief en teen-produktief was nie  is daar tog heelwat goed wat verander het en in ons leeftyd nooit weer dieselfde sal wees nie. Hoe dit ook al sy, die “nuwe Suid Afrika” is ’n realiteit. Ewe skielik voel ek soos ’n vreemdeling in hierdie land, die een waarin ek bykans ’n halwe eeu bly. Die een waarvan gesê word my voorheen so bevoordeel het. Die een wat die broodblik van Afrika was. Die vlag is weg, die lied wat ons gesing het is nou, soos die brasse van die flêtse sou sê, ’n “mix”  van twee liedere. Weg is die gevoel van Suid-Afrikanertrots, daardie gevoel dat jou bors wil oopbars met die sing van die “Lied van jong Suid-Afrika”  tydens die destydse Republiekwordingsfeesvieringe. Ek, soos baie van my mede-blanke Suid-Afrikaners, het ons immigrante in ons land van herkoms geword. Ja, ek is nie ’n Afrikaner nie. Die African is nie in hierdie land gebore nie maar het van iewers uit donker Afrika oor ons landsgrens gesluip en nou beroep hy hom op Mbeki se renaissance. Word wakker in Suid-Afrika en dan is jy onmiddelik ’n landsburger – want jy’s ’n Afrikaner. Met alle dank aan die African Renaissance.

Lees verder: Suid-Afrika het ‘n mal plek geword