Blanke Hollanders in rasse-onluste

Image

Onluspolisie in Utrecht

Rasse-onluste het verlede week in Ondiep, ’n stadswyk van Utrecht, uitgebreek toe ’n Nederlander, Rinie Mulder, deur ’n Marokkaanse polisievrou doodgeskiet is. Volgens ooggetuies was Mulder besig om ’n swanger blanke vrou teen molestering deur Marokkaanse jeugdiges te probeer beskerm, met ’n mes in sy hand wat hy by een van hulle afgevat het, toe die polisievrou goedsmoeds op hom losgebrand het.

Agterna het blanke Nederlanders in die buurt, tesame met ondersteuners van buite, onluste begin pleeg. Meesal jong Nederlanders, aangevul deur ondersteuners van die plaaslike sokkerklub, FC Utrecht, het verlede Maandagaand ’n spoor van verwoesting in Ondiep gelaat.

Polisie-beamptes is met klippe bestook. Die voormalige polisiekantoor in die wyk, asblikke, diensfietse en ’n motor is aan die brand gesteek. Ruite van leegstaande wonings is ook stukkend gegooi.

Die groep oproermakers het rondom sesuur op die hoek van Boerhavelaan en Thorbeckelaan versamel, op die plek waar die gewilde inwoner van Ondiep, Rinie Mulder, Sondagaand doodgeskiet is.

Mulder en ander inwoners het reeds maande lank gekla omdat jong immigrante Nederlanders in die buurt lastig val. Op die plek waar die polisievrou hom doodgeskiet het, het blomme gelê met die woorde “Rini rust zacht” in wit op die straat geverf.

Hierna het ’n groot skare met krete van “moordenaars” en “kankerlyers” die wyk ingetrek en hier en daar begin brand stig. Kort daarna is begin om die polisie met klippe te gooi. Verskeie ruite van wonings het in die slag gebly.

Die burgemeesteres van Ondiep, mev. Brouwer, sou aanvanklik ’n dag na die onluste ’n vergadering in die buurt toespreek, maar dié is afgelas. Volgens haar verteenwoordig die geweld “’n teken dat iets by ’n bepaalde groep broei. Die groep het die insident aangegryp om hom in die wyk te laat geld. Daarteen moet ons die buurt beskerm.” Brouwer is blykbaar geskok deur Sondagaand se ongeluk en het begrip vir die inwoners wat in die steek gelaat voel. “Ek snap dat die inwoners soms kwaad is omdat hulle rondom hul eie huise en hul eie buurt lastig geval word. Dit gaan nie in jou koue klere sit nie.”

Terwyl Brouwer versigtig is om die etniese wrywing tussen inheemse Nederlanders en Marokkaanse, Turkse en ander Islamitiese immigrante nie by die naam te noem nie, het die Nederlandse pers meesal die insident as ’n geval van “sokkergeweld” probeer aanbied. Daar word ook nêrens verwys na die feit dat die polisievrou wat die noodlottige skoot gevuur het ’n vernederlandste Marokkaan is nie. Aanvanklik was daar twyfel of sy nie dulk ’n Turk kon wees nie, maar ’n Vlaamse webwerf het intussen na ondersoek bevestig dat sy Marokkaans is.

Image

Rinie Mulder, in lewe

Die 54-jarige Rinie Mulder was ’n geliefde figuur in hierdie werkersklasbuurt, Ondiep, wat die Hollanders ’n “volkswyk” noem. Die onluste na sy dood het die spanning tussen die gewone Nederlander en die toenemende aantal Arabiese immigrante na vore gebring. Die vier grootste Nederlandse stede, Amsterdam, Rotterdam, Utrecht en Den Haag beskik reeds oor immigrantebevolkings van oor die 50%.

панель светодиодная круглаялобановский александр компромат