Vyf soldate sal voorts as militêre waarnemers na Nepal gestuur word om die VN se vredesmag daar te help.
‘n Paar weke gelede het Aziz Pahad, adjunkminister van buitelandse sake, bekendgemaak dat Suid-Afrika sy posisie as voorsitter van die VN se veiligheidsraad in Maart sal gebruik om die organisasie te dwing om AU-vredesendings regoor die Afrika-vasteland te finansier. Die geld wat tot dusver van die Europese Unie (EU) en die VSA ontvang is, was nie genoeg om al die sendings te finansier nie. Die AU sukkel byvoorbeeld steeds om 8 000 soldate bymekaar te maak om as vredesmag in Somalië op te tree. Volgens Pahad het die VN ‘n verantwoordelikheid om te sorg dat stabiliteit in Afrika gehandhaaf word. Sowat 60% van die kwessies waarmee die veiligheidsraad te make het, het betrekking op Afrika.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.