The Iraqi government has begun preparing the groundwork for what could be one of the biggest privatisations of state-owned assets. The Sunday Telegraph has learned that officials from the government have recently held talks with banking and legal advisers in London. City sources said Iraq’s minister for industry, Fawzi Hariri, was looking to appoint advisers
Zuma se klaagster nou veilig en gerieflik
Die 32-jarige Fezeka Kuzwayo wat verlede jaar vir Jacob Zuma, voormalige adjunkpresident, aangekla het van verkragting, het pas verblyfreg vir vyf jaar in Nederland ontvang. Volgens Kuzwayo, wat MIV-positief is, is sy bang dat Zuma-ondersteuners op haar sal probeer wraak neem.

Mugabe paai sy honger burgers
Die Zimbabwiese regering het gister gedreig om sake-ondernemings te sluit wat weier om pryse van hul produkte met die helfte te verminder. Verlede week het Mugabe opdrag gegee dat die koste van alle basiese goedere en dienste met 50% gesny moet word. Dit volg op ’n prysstyging van 300% in een week se tyd. Meeste besighede het egter die opdrag verontagsaam en in sommige winkels het produkte eenvoudig van die rakke af verdwyn.
Die regering het ’n spesiale eenheid aangewys om seker te maak dat die opdrag uitgevoer word. Hulle het reeds meer as twintig besigheidslui in hegtenis geneem.

Another Great Depression?
The Bank for International Settlements issued a warning this week that the Federal Reserve’s monetary policies have created an enormous equity bubble which could lead to another “Great Depression”. The UK Telegraph says that, “The BIS–the ultimate bank of central bankers–pointed to a confluence of worrying signs", citing mass issuance of new-fangled credit instruments, soaring levels
Misdaadtsoenami voel soos oorlog
In 30 Junie se uitgawe van Rapport is daar 'n berig wat lui: Misdaadskok wag op Suid-Afrikaners wanneer die polisie die jaarlikse misdaadstatistiek vandag (Dinsdag 3 Julie) bekend gaan maak. Die berig sê verder dat in sommige gebiede die huisrooftogsyfer met 100% gestyg het, en word deur mnr. Hennie Van Rooyen, 'n regspraktisyn wat opleiding plaaslik en internasionaal vir speurders aanbied, as 'n nasionale krisis beskryf.

Nuwe kredietwet kan mediumgrootte ondernemings skaad
Ek wil net graag ‘n paar punte aanraak rakende die nuwe kredietwet wat in werking getree het op 1 Junie 2007. Vrydag 29 Junie het ek ‘n kursus bygewoon van ‘n advokaat wat spesialiseer in die nuwe wet. Dis ‘n baie omvattende wet en raak alle besighede. Ek het nie die omvang daarvan besef tot na die kursus nie.

Lees verder: Nuwe kredietwet kan mediumgrootte ondernemings skaad
Die ‘Kreefberaad’
Teenwoordig by die geleentheid is ook die 41ste president van die VSA en vader van George W., George H. Bush. Die Russiese leier is dadelik by sy aankoms Sondag deur die huidige president vir ‘n bootrit genooi. Maandagoggend ná ontbyt was dit ‘n driemanuitstappie toe die twee leiers vergesel is deur die oud-president om te gaan visvang met hulle "vriend Vladimir".

Die tragiese lot van Aborigene-kinders
“Moenie soos cowboys optree nie,” was die waarskuwing wat Noel Pearson, een van die leiers van die Aborigene-gemeenskap in Australië, verlede week aan die Australiese regering gerig het. Dit volg op die regering se besluit om tien polisiemanne in die beginstadium van ’n groot operasie na Darwin te stuur. Dit was ’n ongehoorde stap, meegebring deur die feit dat honderde Aborigene-kinders mishandel, verkrag en as prostitute verkoop word in die Noordelike Gebied (Northern Territory). Alkohol speel ’n groot rol in hierdie mishandeling.
In die jongste regeringsverslag van 320 bladsye oor die toestand in die Noordelike Gebied, is sommige van die gevalle wat beskryf word so erg dat John Howard, die Australiese eerste minister, verlede week gesê het “die besonderhede maak jou siek.”

Grondeise n? spertyd ingedien
Die streeksgrondeisekommissie in Limpopo word daarvan beskuldig dat hulle grondeise ten minste vyf jaar ná die spertyd van Desember 1998 aanvaar het.

Dapper krygers, ook op die silwerdoek
In die flikkerende skynsel van heroïese aksietonele waarin dapper krygers vir hul vaderland veg, sit kykers vasgenael voor die skerm in die Impero-filmsaal van Asmara. Dit is ‘n winsgewende genre in ‘n land met ‘n ryk krygsgeskiedenis.
Veertien jaar ná Eritrea se onafhanklikheidswording wat ‘n dertigjaarlange oorlog teen Ethiopië geverg het, lewer die land se jong filmbedryf ongeveer 60 films per jaar. "Daar is amper elke week ‘n nuwe film wat uitkom," bevestig die bekende filmmaker Franco Sardella. Hy is die outeur van die eerste vollengte film wat in 1997 vrygestel is.
"Meer en meer mense geniet films,"sê hy. Sy eerste film, Barud 77, vertel op ‘n baie realistiese wyse hoe die rebelle teen vreemde oorheersing in opstand gekom het. Dié film het 140 000 kaartjies verkoop in ‘n land met 4,2 miljoen inwoners.