Die tragiese lot van Aborigene-kinders

Image

Aborigene-mans

“Moenie soos cowboys optree nie,” was die waarskuwing wat Noel Pearson, een van die leiers van die Aborigene-gemeenskap in Australië, verlede week aan die Australiese regering gerig het. Dit volg op die regering se besluit om tien polisiemanne in die beginstadium van ’n groot operasie na Darwin te stuur. Dit was ’n ongehoorde stap, meegebring deur die feit dat honderde Aborigene-kinders mishandel, verkrag en as prostitute verkoop word in die Noordelike Gebied (Northern Territory). Alkohol speel ’n groot rol in hierdie mishandeling.

In die jongste regeringsverslag van 320 bladsye oor die toestand in die Noordelike Gebied, is sommige van die gevalle wat beskryf word so erg dat John Howard, die Australiese eerste minister, verlede week gesê het “die besonderhede maak jou siek.”

Howard het ná die bekendmaking van die verslag besluit om onverwyld op te tree en hy het op ’n ”radikale, gedetailleerde program van bemoeienis” besluit. Hy het self beheer oor die portefeulje van aborigene-sake in die Noordelike Gebied oorgeneem en gaan toesien dat alkohol, asook pornografiese materiaal, in die sestig Aborigene-gemeenskappe verbied word. Alle kinders jongers as sestien sal verpligte mediese ondersoeke moet ondergaan om vas te stel of hulle verkrag is, welsynstoelae sal gestaak word as kinders nie skool toe gaan nie, meer polisiemanne moet beskikbaar wees en selfs die toetrede van die weermag word nie uitgesluit nie. ”Hierdie is buitengewone maatreëls vir ’n buitengewoon tragiese situasie,” aldus Howard. Miljarde Australiese dollar is vir hierdie projek begroot.

Image

Aborigene-vroue

Noel Pearson het die polisiemanne en soldate in die Noordelike Gebied beveel om ”met nederigheid en sonder arrogansie” met sy mense om te gaan. Skielik herleef die vrees by sommige Aborigenes dat hulle kinders weer by hulle ”gesteel” gaan word.

Die situasie van die Aborigene-gemeenskappe in Queensland, Wes-Australië en New South Wales is nie veel beter nie. Howard kan egter homself laat geld in ’n “gebied,“ soos die Noordelike Gebied, maar mag nie in die sake van “state” inmeng nie. Hy kan hulle slegs aanspoor om sy voorbeeld te volg. Die leiers van hierdie state het min of meer onentoesiasties op Howard se beroep op soortgelyke aksie gereageer. Hy het deur middel van hierdie persoonlike bemoeienis die risiko geneem om dalk sy kanse in die komende federale verkiesing te benadeel.

разрешенные моющие средства в детских садахАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae